Huisgenoot

BETOON ’N BIETJIE LIEFDE

Hier is sewe maniere om die diere en personeel by ’n dierewelsy­n- of -reddingsgr­oep naby jou se lewe op te helder – en dit sal jou nie ’n sent kos nie

-

IERE wat gered is, roer jou hartsnare, maar jy kan nie bekostig om geld te skenk om hulle te help nie. Geen probleem nie! Jy kan jou waardering vir diereskuil­ings en -reddingsgr­oepe toon sonder dat jy jou sak hoef te skud. Jy kan tyd afstaan, handwerk doen of die sosiale media inspan. Elke bietjie help en sal ’n verskil maak in die lewe van ons verwaarloo­sde en verwerpte viervoetig­e vriende.

1 Staan tyd af.

Diereskuil­ings het dikwels te min personeell­ede; dus sal selfs ’n uur of twee per week ’n verskil maak. Of jy nou met honde stap of katte vertroetel en versorg, met’ n geldinsame­ling s geleenthei­d help o fop aanneem dae diens doen, jy kan ’n ware verskil in diere se lewe maak en oorwerkte personeell­ede se las verlig.

2 Neem ’n troeteldie­r in pleegsorg.

Troeteldie­re het ’n veel beter kans om vir altyd ’n huis te kry as hulle in ’n liefdevoll­e pleeghuis is waar hulle basiese gehoorsaam­heid en goeie maniere leer. Met pleegsorg bied jy vir ’n vasgesteld­e tydperk of tot wanneer die troeteldie­r aangeneem word liefde, sorg en aandag. Jy maak ook in die skuiling plek vir ’n ander hawelose troeteldie­r en red moontlik ’n lewe. Soms dek die skuiling of reddings organisasi­e die uitgawes vir kos en veearts sorg.

3 Skenk ou handdoeke, komberse, troeteldie­ritems en dies meer.

Buiten handdoeke, komberse, lakens en ou koerante kan jy gebruikte beddens, bakke, speelgoed en ander items skenk wat nog in ’n goeie toestand is. Bel eers die skuiling om uit te vind presies wat hulle kortkom of kyk op hul webtuiste vir ’n wenslys.

4Deel foto’s van die skuiling se troeteldie­re in die sosiale media.

Gebruik Facebook, In stag ram, T witte rof ander sosiale media platforms om foto’ s en inligting te plaas oor troeteldie­re wat by jou plaaslike skuiling beskikbaar is. Vra jou vriende en volgelinge om die foto’s te deel sodat soveel moontlik potensiële aannemers dit sien.

5 Maak troeteldie­r speelgoed.

Al is jy nie besonder handvaardi­g nie, kan jy uit ou sweetpakto­ps en ander materiaal wat jy waarskynli­k reeds in die huis het vir honde en katte in skuilings speelgoed maak. (Kyk hier vir voorstelle: za.pinterest. com/brumzoo/diy-pet-toys.)

6 Reël ’n geldinsame­ling.

Hou op jou troeteldie­r se verjaardag of ’n ander spesiale geleenthei­d ’n partytjie en vra jou gaste moet kontantske­nkings en/of troeteldie­rkos vir ’n skuiling bring. Vra met jou eie verjaardag ook skenkings pleks van geskenke vir jou.

7 Dra die boodskap uit oor die belangrikh­eid van steriliser­ing.

Elke jaar word miljoene diere in skuilings van kant gemaak. Dit kan vermy word as mense hul troeteldie­re laat sterilisee­r om ongewenste werpsels te voorkom. Vra vriende, kollegas, bure en almal wat jy ken, moet hul troeteldie­re laat sterilisee­r. En onthou: Neem aan; moenie koop nie.

 ??  ?? KELLY GRANDE
KELLY GRANDE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa