Huisgenoot

ENGEL OP MY PAD

Waar sal ’n vrou se hulp vandaan kom op haar beleërde plaas?

- Deur RONA MAREE

W ‘ AT verwag oom Sarel van my? Ek kan nie langer my en my man se lewe op die spel plaas ter wille van ’n familiepla­as waarvan die waarde daagliks verminder nie.”

“My kind, ek verstaan dit. Met ’n man in ’n rolstoel en geen kind of kraai nie, is dit moeilik. Maar ek en tannie Hannie is bereid om hier by julle te kom woon en te kyk dat die plaas nie in vreemde hande beland nie.”

Jannette is die enigste oorblywend­e erfgenaam van die familiepla­as. Hoe swaar dit ook al is om dit te laat gaan, sy het nie meer ’n keuse nie. Benewens dat hulle nie meer veilig voel nie, word dit ook ál moeiliker om betroubare werkers te kry. Die plaas gaan agteruit, en Jannette voel sterk daaroor dat sy iemand anders die kans moet gun om van ’n waardevoll­e plaas ’n sukses te maak eerder as om dit verder te laat verwaarloo­s.

As die situasie nie so ernstig was nie, het sy gegiggel. Oom Sarel het sy plaas verloor. Dit is in sy keelgat af, soos die familie maar te gewillig is om by te las. Hy kon nooit sy drankprobl­eem te bowe kom nie en is nou van die goedhartig­heid van sy kinders afhanklik. Ná al die jare se swaarkry het hulle nie veel simpatie nie.

Nadat van hul eie werkers hulle van hul wapens beroof het, het sy en Stef finaal besef dis tyd om die tentpenne uit te trek en ’n ander heenkome te soek.

Hulle ken geen vryheid meer nie; dit voel asof hulle in ’n tronk leef om die misdadiger­s buite te hou. Smiddae halfvyf word al die hekke gesluit en die alarms aangeskake­l; dan bly hulle in die huis omdat hulle dit nie kan waag om ná donker uit te gaan nie.

Die plaas is al 18 maande in die mark en daar was nog hoegenaamd geen belangstel­ling nie. Jannette begin desperaat raak om ’n koper te kry, maar wie stel belang in ’n plaas in ’n omgewing waar rooftogte aan die orde van die dag is? Die pragtige lemoenplaa­s kry nie ’n baas nie.

Omdat dit ’n gespesiali­seerde boerdery is, sal dit vir ’n individuel­e boer byna onmoontlik wees om die grond te koop. En dan is hy aan dieselfde gevare blootgeste­l. Die enigste moontlike uitkoms is dat ’n maatskappy die potensiaal sal raaksien en ingryp. Hul droom is om iewers by die see ’n huis te koop, ’n plekkie waar hulle rustig kan aftree en nie heeldag in vrees hoef te leef nie. V ROEGOGGEND sien sy hoe buurman Gerrie se rooi bakkie voor die deur stilhou. Daar is wild op sy plaas en hy kom een maal per jaar om dit te tel en die toestand van die veld te monitor. Hy jag nie en bewaar die inheemse bome en plantegroe­i nougeset. Sy voorman sorg dat alles glad verloop.

“Jannette, ek hoor op die dorp julle wil verkoop. Ek is al geruime tyd bekommerd oor julle so afgeleë hier bly. Ek wil jou graag ’n aanbod maak: Gee my asseblief ’n rukkie om ’n plan te oorweeg wat ek lankal het en na al die opsies te kyk.”

“Maar Gerrie, jy boer nie. Wat wil jy met ’n plaas vol lemoene maak?” vra Jannette verstom.

“Ek het lankal ’n plan in my kop, Jannette. Ek weet nog net nie hoe ek alles kan verwesenli­k sodat dit uitvoerbaa­r is nie. Ek sou Vergesig graag by my plaas wou inlyf en nog veld vir die wild beskikbaar maak. Die lemoenbome sal ongelukkig in die slag bly, maar ek sal baie goed sorg vir die plaas.”

“Ek twyfel nie daaraan nie, Gerrie,” antwoord Jannette. “As daar een mens is aan wie ek graag wil verkoop, is dit jy.”

Maar die twyfel vreet aan haar en sy dink nie te veel aan Gerrie se plan nie. Sy ken hom al teen dié tyd as ’n dromer.

Maandagogg­end ry sy oudergewoo­nte eers by die plaaswinke­ltjie langs die grenshek aan om die kontant op te laai sodat sy dit by die bank kan gaan deponeer wanneer sy op die dorp kom.

“Goeiemôre, Sarah!” groet sy die winkelkler­k vrolik.

“Môre, mev. Jannette. Ons het maar ’n stil naweek gehad. Dis nog te ver van die einde van die maand af; hier is nie baie geld om te bank nie.”

“Dis niks, Sarah, ek gaan tog dorp toe; ek kan dit net sowel gaan inbetaal. Wat het jy nodig? Suiker, twak, kamferroom?”

“Nee wat, hier is nog van alles genoeg. Miskien net ’n paar lekkers vir die kleingoed wat kom suiker en meel koop vir hulle se mammas. Hulle kyk tog so grootoog na die bottel met die swiets.”

“Nou goed dan, Sarah. Ek sien jou vanmiddag wanneer ek terugkom.”

Ingedagte ry Jannette verder in die grondpad tussen die plase deur na die grootpad toe. Wat sal tog van die kinders word as die plaas ten gronde gaan en die ouers nie meer ’n inkomste het nie? Want dit staan soos ’n paal bo water: Nie al die werknemers sal hul werk kan behou as Jannette nie meer die boer is wat omsien na elke gesin op die plaas nie. Wat gaan word van die skooltjie waar die kinders nou so fluks leer? En die klinieksus­ter wat gereeld daar besoek aflê en geduldig na al die klagtes luister? U IT die hoek van haar oog sien sy ’n beweging langs die pad, maar slaan geen ag daarop nie. Die volgende oomblik staan ’n man in die middel van die pad. Instinktie­f swaai Jannette uit. Die voertuig kom rukkerig teen die grondwal langs die pad tot stilstand. Haar kop kap hard teen die stuurwiel en sy bly net so stil sit, haar hande krampagtig op haar skoot vasgeklem.

Sy kyk nie op nie. Sy wag net op die glas wat breek wanneer hy die ruit stukkend slaan, haar op die pad uitruk, ’n mes teen haar keel druk of selfs ’n vuurwapen teen haar slaap rig. “Ek moet my nie teësit nie,” prewel sy soos hulle menigmaal in opleidings­essies ingelig is.

Sekondes voel soos ure. Sy dink aan Stef, wat sal wonder waar sy so lank bly en wat later sal uitvind sy is langs die pad aangeval. Sy dink aan Gerrie, wat nou geen van sy planne tot uitvoer sal bring nie. Sy dink aan Maggie in die huis en Sarah by die winkeltjie en Difference wat op die plaas grootgewor­d en vir haar pa en oupa gewerk het. Al dié gedagtes maal nog deur haar kop toe sy skielik bewus word van ’n doodse stilte. Daar is nie ’n geluid nie – nie voëltjies nie, nie koringkrie­ke nie, niks.

Langsaam lig sy haar kop en draai sta- dig na haar regterkant. Die ruit is nog toe en die man staan en beduie. Sy herken Sifiso van die buurplaas. Hy het geen dodelike wapen in sy hande nie. Huiwerig draai sy die ruit af en kyk na hom. Sy kan nie ’n woord uitkry nie; die skok sit nog in haar hele lyf.

“Au, Mevrou! Dis maar net ekke, Sifiso, wat by mnr. Gerrie werk. Askies tog, Mevrou. Ek het nie gebedoel dat Mevrou nou so moet staan skrik nie. Maar ek het die groot moeilikhei­d; die vrou is siek by die hospitaal. Mnr. Gerrie het haar gevat, al gister. Ek wil vir haar gaan sê sy moenie

worry nie; ek sal na die kinders kyk.” “Sifiso,” kry Jannette dit hortend uit, “jy het my so laat skrik!”

“Askies tog, Mevrou, ek was net so bang lat Mevrou my nie sien nie. Kan ek maar groot ’seblief agterop die bakkie klim en saamry?” “Nou kom, Sifiso, laat ons ry.” Toe sy laatmiddag moeg voor die huis stilhou, staan Gerrie se bakkie voor die hekkie. Hy en Stef sit op die stoep en koffie drink toe sy met die trappies opstap.

“Jannette, ek het gekom om met julle oor my planne te praat. Ek dink ek het ’n werkbare sakeplan saamgestel wat Vergesig se voortbesta­an sal verseker, en vir julle ’n gerieflike aftrede by daai huisie wat langs die see op julle wag.”

Gerrie verduideli­k hy het ’n vennoot gekry wat omgee vir die natuur- en wildlewe. Hy is een van Gerrie se vriende wat gereeld saamgekom het plaas toe en die geleenthei­d wil aangryp om te belê in die groot planne wat hulle het om ’n groter wildplaas te vestig.

“Tussen hakies, Jannette, ek hoor die buurtwag het vanoggend ’n verdagte man langs die pad gekry en in hegtenis geneem. Hy word verdink van onlangse aanvalle op voertuie in die omgewing. Hy teiken gewoonlik voertuie met een mens in, verkieslik ’n vrou.”

’n Nare, siek gewaarword­ing neem van haar besit. “Gerrie, ek hoor Sifiso se vrou is siek. Wat makeer haar?”

“Nee, Tobeka makeer niks. Sy is by die huis. Maar Sifiso was die een wat die buurtwag in kennis gestel het van die vreemdelin­g. Hy het die man langs die pad sien wegkruip. Tobeka sê vir my hy het ’n vrou langs die pad voorgekeer en haar oorreed om hom op te laai dorp toe sodat sy nie alleen verder ry nie.”

Die huisie by die see word ’n ál groter werklikhei­d. En die dankbaarhe­id vir ’n werknemer wat sy lewe vir haar veiligheid op die spel geplaas het.

 ?? Illustrasi­e: MINDI FLEMMING ??
Illustrasi­e: MINDI FLEMMING

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa