(Van vorige bladsy)
Hulle voeg wel 3 persentasiepunte by nietaalvakke van leerders wat nie Engels of Afrikaans as moedertaal neem nie en die eksamen in ’n tweede taal moet aflê.
Baie leerders verdwyn
Al was daar vanjaar leerders met stringe onderskeidings, meen dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid- Afrikaanse Skole, dis kommerwekkend dat soveel kinders in die loop van hul skooljare uit die stelsel “verdwyn” het.
“Ons het die werklike slaagsyfer gaan uitwerk en dit is nie 72 persent nie; dit is 36,6 persent. Ons het gekyk hoeveel kinders in 2005 in gr. 1 aan skole ingeskryf is en dit vergelyk met dié wat suksesvol klaargemaak het.”
Michael sê dis ’n ou probleem, maar verskeie staatsdepartemente moet die skuld daarvoor kry. “Dit kan nie net voor die deur van die onderwysdepartement gelê word nie.”
Volgens Hugo is die groot druipsyfer in matriek hoofsaaklik weens swak onderrig aan talle openbare skole, asook die afwesigheid van moedertaalonderrig vanaf ’n jong ouderdom.
Prof. Marthie van der Walt van die fakulteit opvoedkundige wetenskappe aan die Noordwes-universiteit sê vroeëkin der ontwikkelinge n die grondslagfase (gr. 1-3) moet aandag kry as ons ons onderwysstelsel wesenlik wil verbeter.
“Alle ingrypings word toegespits op gr. 12, maar as kinders reeds in die genoemde vroeë fases akademies agterraak, kan dit nie later reggestel word nie.”
Sy glo die onderwysdepartement moet gaan kyk hoe lande soos Japan en Singapoer, wat uiters suksesvolle skoolstelsels het, onderrig benader.
Suid-Afrika kort ook ’n aksieplan wat onderwysers bystaan en help om hul kennis uit te brei en hul vaardighede te ontwikkel.
Vaar kinders aan privaat skole beter?
Hugo, wat 18 jaar lank ’n skoolhoof was, waarvan 13 aan privaat skole, glo die standaard van vraagstelling in sommige vakke in die Onafhanklike Eksamenraad