Huisgenoot

‘MEISIES, LIG SO JUL KOP NÁ SKANDAAL’

Margaret, die WhatsApp-glips-vrou, gee raad vir die matrieks wat op Plett kaal gedans het en deur sommige kwaai gekritisee­r word

- Deur JANA VAN DER MERWE

‘My grootste vrees is dat my werkgewer gaan uitvind dis ek in die video’

HULLE het bekend – of eintlik berug – geword as die Plett Rage-meisies nadat selfoonvid­eo’s wyd versprei is van die twee wat tydens die jaarlikse matriekvak­ansie in ’ n waas van pienk ligte en drank kaal voor ’n jillende gehoor in ’n nagklub op Plettenber­gbaai dans.

Wat vir Sunette* en Annemie* (albei 18), ’n prettige vakansie moes gewees het om die einde van hul skoolloopb­aan te vier, het in ’n nagmerrie ontaard. So groot is die vernederin­g dat hulle skaars hul kop by die deur wil uitsteek . . .

Die emosies waarmee hulle sedertdien worstel, is iets wat min mense hulle kan voorstel. Maar as daar een mens is wat weet hoe dit voel, is dit sekerlik Margaret van Wyk van Schweizer-Reneke.

“My hart gaan uit na hulle,” het Margaret (46) aan Huisgenoot gesê nadat sy die artikel oor die meisies gelees het (‘Hoekom het niemand my gehelp nie?’, 5 Januarie). Nie net is Sunette, ’n aspi- rantmodel, van ’n plaaslike skoonheids­titel gestroop nie; dit het ook ’n einde aan haar drome gemaak om eendag Mej. Suid-Afrika of ’n internasio­nale model te word, het sy en haar ma, Yolandi*, vertel. Sunette het selfs gevoel sy wil sterf.

Annemie het op haar beurt gesê sy kruip onder ’n hoed of agter ’n donkerbril weg wanneer sy uitgaan.

Ook Margaret het haar verlede jaar in ’n skandaal in die sosiale media bevind toe ’n intieme foto van haar geslagsdee­l wat oënskynlik vir haar man bedoel was, op die WhatsApp-groep van die ouers van haar dogter se hokkiespan beland het. Skermgrepe daarvan is daarna in die sosiale media versprei.

Margaret was dadelik bereid om na die meisies uit te reik toe Huisgenoot haar vra wat haar raad aan hulle en hul ouers sou wees. Haar jongste dogter (sy het drie) was immers verlede jaar in matriek.

Sy het verkies om te gesels met Yolandi, wat dié raad aan Sunette oorgedra het. Sy het ook boodskappe van bemoedigin­g aan Annemie gestuur.

In haar eerste en enigste onderhoud ná die voorval het Margaret gesê sy wil hê mense moet dink wat hulle haar en haar gesin aandoen elke keer dat hulle die foto of ’n grap aanstuur (Gespot het my gesin geknak, 8 September 2016). Sy het selfs gesê sy sou saam kon gelag het as dit net sy was wat daardeur geraak is.

Tog het dié sterk vrou besluit sy gaan ter wille van haarself en haar gesin nie wegkruip nie. Sy gaan haar kop lig en weer ’n normale lewe lei. Dit was ook haar boodskap aan die meisies in hierdie krisistyd wat vir albei baie beteken het.

IN ’N koffiekroe­g op haar nuwe tuisdorp sê Sunette: “My grootste vrees is dat my werkgewer gaan uitvind dit is ek in die video, dat geen man ooit in my sal belangstel nie en dat ek nooit weer ’n skoonheids­titel sal kan wen

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa