Huisgenoot

TOE SING EK VIR MY PAPPIE

Manie was ure ná sy pa se dood op die verhoog nadat hy kort tevore ook sy broer en beste vriend verloor het

- Deur MARIZKA COETZER Foto’s: TUMELO LEBURU

SY LIEDJIE Vir Pa het hy in 2011 laas op die verhoog gesing, maar nooit met soveel gevoel soos vanaand nie: Jy moes gaan toe ons jou nog wou hou / Pa ons laat jou los, want ons weet waar is jy nou . . .

Agter die mikrofoon is Manie Jackson – en sy hartseer vertolking is ’n huldeblyk aan sy pa, Robbie, wat net enkele ure tevore in ’n Pretoriase hospitaal oorlede is. Pa, dankie vir alles / Pa, jy het ons met stil

le liefde omvou, het die woorde in die kuierplek in Vanderbijl­park bly hang.

Later vertel ’n emosionele Manie ons hoe hy sy pa (68) besoek het skaars twee dae voor hy op Saterdagaa­nd 14 Januarie oorlede is. “Toe ek hom die Donderdaga­and in die hospitaal groet, het ek regtig gedink ek sal hom weer sien.” En vir dié minnesange­r was dit boonop die tweede reuseverli­es binne sowat ses maande: Sy geliefde broer Jaco (45) is op 25 Julie oorlede weens ’n vergrote en erg verswakte hart.

MY PA se dood was baie moeilik vir ons familie, veral so gou ná Jaco se dood,” sê Manie. Robbie was voor sy dood baie siek en verswak weens nierversak­ing en Manie vertel “sy organe het net ingegee”. Eindelik is hy weens beroerte dood. Maar sy pa het ook “verskrikli­k getreur” oor Jaco (45). “Pa was verskrikli­k lief vir al vyf ons seuns en trots op ons almal, maar hy en Jaco het ’n spesiale band gehad.”

Nog ’n skok het gevolg toe Manie se beste vriend, Jan “Swembad” Botha (48)

van Sasolburg, ook in 2016 dood is. Lewerversa­king het Jan se lewe geëis net sowat ’n maand ná Jaco se afsterwe.

Die persoonlik­e verliese vir Manie (37) kom te midde van sy eie stryd teen depressie en angstighei­d, waarvoor hy hom al in ’n hospitaal in Vanderbijl­park laat opneem en behandel het (Kry soos ek hulp vir angs en depressie, 4 Junie 2015).

Die laaste ruk het dit beter met hom gegaan, hoewel hy steeds antidepres­sante gebruik.

“My vriende, aanhangers en familie se liefde en ondersteun­ing dra my deur hierdie moeilike tye . . . En veral my ma, Ina (68), en my wonderlike meisie, Bernice (26).”

Sy laaste gesprek met sy pa draai deur sy kop: “Pappie, ek gaan ry . . . ek het optredes,” het hy gegroet. “Nee, ek vertrou nie hierdie ryery van julle nie, dan sien ’n mens julle nooit weer nie,” het Robbie geantwoord.

 ??  ?? HOOFFOTO: Dit was ’n moeilike vyf maande vir Manie Jackson, wat verlede jaar sy broer Jaco en beste vriend, Jan “Swembad” Botha, en vanjaar ook sy pa, Robbie, aan die dood moes afstaan. REGS BO: ’n Familiefot­o van die Jacksons met ma Ina, pa Robbie en...
HOOFFOTO: Dit was ’n moeilike vyf maande vir Manie Jackson, wat verlede jaar sy broer Jaco en beste vriend, Jan “Swembad” Botha, en vanjaar ook sy pa, Robbie, aan die dood moes afstaan. REGS BO: ’n Familiefot­o van die Jacksons met ma Ina, pa Robbie en...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa