Huisgenoot

BRIEWE VAN LIEFDE EN VERLANGE

Poppie se ma, wat nes haar stiefpa weens haar dood aangekla is, sing ’n nuwe deuntjie in haar tronkskryw­es aan hom

- Deur JANA VAN DER MERWE

DIT lui net soos die woorde van enige verliefde vrou wat aan haar beminde skryf: “Ek wens jy het geweet hoe lief ek regtig vir jou is. Jy sal nie verstaan nie. Hoe gaan dit vandag met jou? Ek mis jou vreeslik baie.”

Maar die briefskryw­er is Louisa Koekemoer, die oorlede Poppie van der Merwe se ma, en sy skryf aan Kobus Koekemoer, haar man en Poppie se stiefpa. Dié word daarvan beskuldig dat hy die driejarige met die engelgesig­gie in hul gehuurde hoewehuis naby Brits noodlottig aangerand het. Dis geskryf uit die sel waarin Louisa aangehou word nadat ook sy op 15 Desember aangekeer is weens Poppie se dood op 25 Oktober.

Kort nadat Kobus weens Poppie se dood aangekla is, het Louisa verklaar: “Ek wil Kobus nooit weer sien nie.” Maar Huisgenoot het onlangse briewe tussen die twee gelees – en dit vertel ’n heel ander storie.

Uit vrees vir vergelding deur ’n woedende gemeenskap wil die polisie nie bekendmaak waar die egpaar aangehou word nadat hulle borgtog geweier is nie. In Louisa se borgtogaan­soek het sers. Gift Matome, ondersoekb­eampte, getuig hy het gehuil toe hy die foto’s van Poppie se vernielde liggaam sien.

Maar in Louisa se briewe aan Kobus laat sy min blyk van ’n ma se hartseer oor die verlies van haar kind.

In een skryf sy: “Ek wens ek kan jou net sien. Jy sal nooit weet hoe baie jy vir my beteken nie. Ek sal jou nooit veroordeel nie; dit kom my nie toe om te oordeel nie. Ek is net verskrikli­k verward.”

Kobus skryf terug: “Ek sal vir jou lief wees tot die dag dat ek my kop neerlê.”

Maar in dieselfde brief wys hy die vinger na haar: “Jy weet ek het nie jou kinders uit my eie gedissipli­neer nie. Gewoonlik vra jy my om dit te doen omdat jy ‘ kop verloor’ wanneer jy moet omdat die kinders alles met jou gedoen het wat hulle wou.”

In sy briewe ontken hy ook dat hy Poppie op die dag van haar dood aangerand het.

 ??  ?? HOOFFOTO: Louisa Koekemoer, wyle Poppie van der Merwe se ma, skryf uit aanhouding aan die kleuter se stiefpa, Kobus, hoe lief sy hom nog het. REGS: Kobus toe hy aangehou is in Brits se polisiekan­toor. ONDER: ’n Uittreksel uit een van Louisa se briewe....
HOOFFOTO: Louisa Koekemoer, wyle Poppie van der Merwe se ma, skryf uit aanhouding aan die kleuter se stiefpa, Kobus, hoe lief sy hom nog het. REGS: Kobus toe hy aangehou is in Brits se polisiekan­toor. ONDER: ’n Uittreksel uit een van Louisa se briewe....
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa