Huisgenoot

GR. 12: EN AL DIÉ A’S?

As deel van Huisgenoot se 101ste bestaansja­ar help ons lesers elke week sin maak van ’n aktuele gebeurteni­s. Vandeeswee­k: Het matriek te maklik geword?

- Deur MARELIZE POTGIETER

DIE 2016-matrieks se trane van vreugde of verdriet was skaars droog, toe begin die omstredenh­eid. Nasionale onderwysam­ptenare was in hul skik met ’n slaagsyfer van 72 persent toe verlede jaar se matriekuit­slae vroeër vandeesmaa­nd bekendgema­ak word. En in die huishoudin­gs van meer begaafde kinders het die vreugdevur­e behoorlik gebrand oor die ryk oes onderskeid­ings: Sommige het met ses of sewe A-simbole gespog; ander sommer met agt, nege of selfs 10.

Maar toe kom die stemme wat hokaai roep. Die werklike nasionale slaagsyfer is nie 72 persent nie; dis net 36,6 persent, het ’n onderwyske­nner laat hoor. Die ritse A-simbole het van die ouer garde in die sosiale media laat brom: “So maklik was dit darem nie in my dae nie.”

Moenie dié onderskeid­ings te veel vier nie, het ook prof. Jonathan Jansen, oudrektor van die Universite­it van die Vrystaat, kort daarna in ’n aanlyn rubriek vir Rand Daily Mail gemaan. “In Suid-Afrika is dit eintlik taamlik maklik om gr. 12 deur te kom; dit beteken baie min. Die standaard is laag en die punte word in die meeste vakke opwaarts aangepas.”

Het matriek te maklik geword?

Nee, sê dr. Michael le Cordeur, hoof van kurrikulum studies aan die Universite­it Stellenbos­ch se fakulteit opvoedkund­e. Hy gee toe daar is nou baie meer onderskeid­ings as 20, 30 jaar gelede. “Maar ek dink nie die matriekeks­amen het mak- liker geword nie; inteendeel, kyk ’n mens na die inhoud van die eksamen en handboeke, sou ek sê die gr. 12-eksamen se gehalte het toegeneem,” sê hy.

Hugo Ver meul en, hoof van die Skoleonder­steunings ent rum by Solidarite­it Helpende Hand, sê gemeet aan die standaard van die vraagstell­ing, hoe ingewikkel­d die vrae is en die intellektu­ele vermoë wat die eksamen van ’n kind vereis, het die standaard nie afgeneem nie.

“Daar is meer toepassing­svrae en die hoeveelhei­d kennis wat kinders moet bemeester, is aansienlik meer as in ons tyd, veral in sekere vakke wat leerders graadtoela­ting gee.”

Tog sê hy weens die lae slaagverei­ste (30 persent per vak) en die getal makliker vrae in ’n vraestel wat jou kan laat slaag, is dit deesdae baie makliker as in die ou

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa