DIE HAAI EN SY GROOT VANGS
André en sy skoolliefde is op haar verjaardag in lowergroen Sharks-land getroud
BO: André het ’n eenvoudige houtring in swart, terwyl Mábea se ronde ring ’n yslike diamant in die middel het, omring met kleiner diamante.
OP DIE rugbyveld is hy op die aanval en verdediging ewe vreesloos, maar vandag is g’n gewone Saterdag nie. “Ek is so ’n bietjie gespanne,” bieg André Esterhuizen hier waar hy staan en wag dat sy groot dag begin. Sy hande bewe liggies. “Waar’s die blomme?” klink ’n kreet skielik op. Die blommemeisies skarrel in alle rigtings om te red wat te redde is. So hittete begin die frisgeboude Sharks-senter se huweliksplegtigheid met ’n rooikaart-oomblik . . .
Intussen het die 23-jarige bruidegom se spanmaats en rugbyvriende hul plek in die buitelugkapel van The Farside Farm tussen Estcourt en Howick ingeneem. Onder die trougaste is die spelers Robert en Jean-Luc du Preez, Lwazi Mvovo, S’bura Sithole, Tera Mtembu, Hanco Venter, Keegan Daniel, Franco Marais, Odwa Ndungane, Stephan Lewies, Francois Kleinhans en Sias Koen. Om ons
strek die groen heuwels en weivelde van die KwaZulu-Natalse Middelland uit.
“Vriende en familie, die bruid is hier!” roep AJ Haasbroek, die pastoor wat die huwelik gaan voltrek, skielik uit en dis die teken vir die troumars om te speel. Almal spring op en rek hul nek om die 22-jarige Mábea Jooste te sien waar sy in die paadjie afgestap kom. Vroeër het die gaste onderling geskerts oor wie van die paartjie eerste ’n traan gaan wegpink. En almal was verkeerd, want dis André wat met ’n hand oor sy nat wang vee toe hy sy mooi bruid sien.
Die twee hou styf hande vas en glimlag vir mekaar terwyl past. AJ 2 Kon. 10:15 uit die Nuwe Wêreld-vertaling voorlees: “‘Is jou hart opreg met my, net soos my hart met jou hart is?’ Hierop het Joa’nadab gesê: ‘ Ja.’ ‘As dit is, gee my dan jou hand.’ ”
Dan is dit die klein ringdraer, Devan Esterhuizen (2), André se susterskind, wat die gaste se hart steel toe hy die ringe oorhandig. Met hul eerste soen as egpaar agter die rug, stap hulle tussen die gaste deur terwyl die konfetti en wit roosblare op hulle neerreën.
Luister ’n mens so na die gejuig, klink dit kompleet asof die wendrie in ’n allerbelangrike wedstryd pas gedruk is.
DIS nou amptelik!” lui die uitnodiging na hul troue wat André en Mábea per e-pos aan vriende en familie gestuur het. Almal wat hulle ken, het dadelik verstaan: Die twee is immers onafskeidbaar sedert hulle aan die Hoërskool Klerksdorp begin uitgaan het.
Die dag voor die troue vertel Mábea dit was vir hulle maar swaar toe André na Durban verhuis, waar hy sedert 2014 vir die Sharks uitdraf. Dit was haar matriekjaar, maar sy het met haar ouers se toestemming twee weke van die skool af weggebly om in Durban by hom te gaan kuier. “My onnies het gedink ek is mal,” vertel sy en giggel. Hy glimlag net breed.
Ná skool is sy Potchefstroom toe om in sielkunde en arbeid s verhouding ste studeer. Hulle het oor en weer gekuier wanneer hulle kon, maar die afstand het net te veel geraak. In haar derde jaar het sy Durban toe verhuis om nader aan André te wees en haar studie buitemuurs voltooi. “Ek moes ekstrahard werk om m graad te vang, maar dit was elke oomblik k werd.”
Hulle was saam in ’n wildreservaat in n die distrik Pongola in die noorde vann KwaZulu-Natal toe hy haar die jawoord d vra. “Ek het altyd geweet hy is die man virr my, maar hy het my nogtans verras,” ver- - tel sy.
Hulle het ’n middagslapie geniet ná ’n n staptog toe ’n veldwagter haar skielik bel.l. Hy het vertel daar is ’n luiperd in die om-- gewing en hy wil hulle die dier gaan wys.s. Die veldwagter het hulle tot bo- op p ’n koppie geneem – en daar sien sy toe e ’n piekniek is vir hulle voorberei. “Toee weet ek.”
André lag. “Ons het al voorheen vann trou gepraat . . . Maar toe ek eindelik diee moed bymekaarskraap om te kniel, barss (Blaai om)