Huisgenoot

DIE EGPAAR BEDANK:

-

sy in trane uit.” Sy kap terug: “Ek moes so lank daarvoor wag.”

Hulle wou eers in die winter trou, maar weens die Sharks se druk oefenen speelprogr­am moes hulle die groot dag na 7 Januarie verskuif, wat buite die rugbyseiso­en va val.

Die twee sien baie uit na ’n lewe saam. “Sy maak die lekkerste kos,” vertel André ingenome. Maar vir eers is kinders nie deel van hul planne nie. Albei wil eers op hul loopbaan konsentree­r – sy in die sakewêreld; hy op die veld. “Ek wil hard werk vanjaar en ek hoop om vir die Springboks­pan gekies te word,” stippel André sy doelwit uit.

Hulle wil ook aandag aan hul huwelik gee en die lewe as pasgetroud­es saam geniet. Die twee wil soveel moontlik reis. En watter beter manier om te begin as met ’n week lange wittebrood op Zanzibar?

DIE huwelikson­thaal is sommer twee makieties vir die prys van een – dis vandag ook Mábea se verjaardag. In die onthaalsaa­l, keurig versier met feetjielig­gies, wit orgideë, tulpe en kerse, sing die sowat 130 gaste vir haar toe sy en André by hulle aansluit.

Die gaste is blykbaar nie ingelig oor die pasgetroud­es se plan om vir eers nie met ’n gesin te begin nie. Tydens André en Mábea se toesprake word hulle kort-kort onderbreek deur vriende en familie wat “kinders by dosyne” sing. En die Sharksspel­er Stephan Lewies sluit sy heildronk op die bruidspaar af met die woorde: “Ons wens julle liefde, geluk en baie stoute kinders toe.”

Maar daar word darem nie net gepraat nie . . . dit verg ’n ordentlike bord kos om ’n honger rugbyspele­r te voed. Die gaste lê weg aan onder meer gerookte salm, beesfilet, hoender in spek toegedraai en ’n verskeiden­heid smaaklike groentes en souse.

Vir nagereg is daar ’n soete fees van sjokoladem­ousse, melktertji­es, nougat, dadelballe, baklava, vrugte in sjokolade gedoop, koeksister­s, su u r l emo e n - meringue, kase en olywe, en koffie en tee.

En toe die ongetroude manne dans- baan toe geroep word rd om die bruid se kousband te vang, word een soos in ’n wafferse lynstaan deur die ander opgetel om dit soos ’n bal uit die lug te raap. Daarna gooi sy haar ruiker vir die enkel- lopende meisies.

Toe is dit tyd om die dansbaan te open – en vir die res van die aand het die gaste beswaarlik langs die kantlyn gesit.

WILDEKRANS (WYN EN SJAMPANJE) WILDEKRANS.COM; FARSIDE FARM – THE GALLERY (TROUPLEK) FARSIDEFAR­M.CO.ZA; ESTER VAN MIDLANDS STYLE EVENTS (DEKOR) 082-651-0831; CHC CATERING (KOS) CHCCATERIN­G.CO.ZA; KYM BURMESTER (FOTO’S) 072-571-7426; DESIRE EN TERTIA (STROOIMEIS­IEROKKE) 082-740-3991; CAROLINE VAN WORLD OF BEAUTY (GRIMERING) 018-468-2299 EN MELANI (HARE) 082-379-9083; FRANK BESPOKE TAILORS (ANDRÉ SE PAK) FRANKBESPO­KE.CO.ZA, 084-4412223

‘Sy maak die lekkerste kos,’ vertel André ingenome

 ??  ??
 ??  ?? (Van vorige bladsy) LINKS:LIN André Esterhuize­n se strooijonk­ers, Ste Stephan Lewies en Hanco Venter, wat saam met ho hom rugby speel, en sy tw twee beste vriende, Em Emil Schwarz en JG de Ko Kock, spog met strooijo jonker-onderbroek­e. LI LINKS BO: Bruin leersk skoene en reukwater v vir die bruidegom.
(Van vorige bladsy) LINKS:LIN André Esterhuize­n se strooijonk­ers, Ste Stephan Lewies en Hanco Venter, wat saam met ho hom rugby speel, en sy tw twee beste vriende, Em Emil Schwarz en JG de Ko Kock, spog met strooijo jonker-onderbroek­e. LI LINKS BO: Bruin leersk skoene en reukwater v vir die bruidegom.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Mábea en haar strooimeis­ies, (van links) KJ Blanckenbe­rg, Lizette Strydom, Jené le Roux en Micaela Sale. BO: Van links is Mábea se ouers, Maarten en Marieke Jooste, saam met die bruidspaar en André se ouers, Debbie en André Esterhuize­n. REGS BO: Gaste gesels gesellig terwyl hulle op die bruid se aankoms wag. REGS: André en sy spanmaats (van links) Lwazi Mvovo, S’bura Sithole en Tera Mtembu.
LINKS BO: Mábea en haar strooimeis­ies, (van links) KJ Blanckenbe­rg, Lizette Strydom, Jené le Roux en Micaela Sale. BO: Van links is Mábea se ouers, Maarten en Marieke Jooste, saam met die bruidspaar en André se ouers, Debbie en André Esterhuize­n. REGS BO: Gaste gesels gesellig terwyl hulle op die bruid se aankoms wag. REGS: André en sy spanmaats (van links) Lwazi Mvovo, S’bura Sithole en Tera Mtembu.
 ??  ??
 ??  ?? VAN HEEL LINKS: Die sprokiesag­tige troue by Farside Farm – The Gallery het ’n Toskaanse gevoel gehad; die smullekker driegangma­altyd is in donkerbrui­n op die goue spyskaart gelys; die kerse het gesorg vir ’n romantiese lig, terwyl die wit rose, orgideë, tulpe en varkore die tafels afgerond het; die pasgetroud­es het die dansvloer op Better Place deur Rachel Platten geopen; die egpaar sny die dromerige makrolletj­iekoek in vanielje-ensjokolad­egeur.
VAN HEEL LINKS: Die sprokiesag­tige troue by Farside Farm – The Gallery het ’n Toskaanse gevoel gehad; die smullekker driegangma­altyd is in donkerbrui­n op die goue spyskaart gelys; die kerse het gesorg vir ’n romantiese lig, terwyl die wit rose, orgideë, tulpe en varkore die tafels afgerond het; die pasgetroud­es het die dansvloer op Better Place deur Rachel Platten geopen; die egpaar sny die dromerige makrolletj­iekoek in vanielje-ensjokolad­egeur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa