Huisgenoot

JOOST: SIEKTE IN ’N NUWE FASE

Die Oud-Bok gebruik deesdae ’n suurstofma­sjien om soms sy asemnood te verlig

- Deur JANA VAN DER MERWE Foto’s: LUBABALO LESOLLE

EERS was dit net sy regterarm wat krag verloor en sy tong wat traag geword het om woorde te vorm. Maar in die byna ses jaar sedert motor neuron siekte( M NS) by die eens fikse en gespierde Bokheld gediagnose­er is, het dit Joost van der Westhuizen een vir een van die goed beroof wat hy vroeër as vanselfspr­ekend aanvaar het: om een voet voor ’n ander te sit, sy kinders in sy arms op te raap, sy kop regop te hou sonder dat dit vorentoe val . . .

Al was hy aan ’n rolstoel gekluister, al moes hy gevoer word en met die hulp van ’n rekenaarst­em praat, was daar een ding wat hy nog met ’n mate van gemak kon doen: asemhaal.

Maar ook dit het geleidelik ál swaarder geraak, tot dit een nag twee maande gelede ’n keerpunt bereik het.

Sy verswakte borsspiere wou dié nag nie saamwerk om die volgende noodsaakli­ke teug lug in sy longe in te trek nie. Ten spyte van die skrikwekke­nde gevoel van asemnood het hy die nag oorleef.

Die volgende oggend het Joost vir sy broer Pieter vertel hy sukkel soms om asem te kry. Joost (45) en sy familie het daarna besluit om op aanbevelin­g van sy huisdokter, dr. Henry Kelbrick, ’n draagbare suurstofma­sjien as hulpmiddel aan te skaf (sien die kassie regs).

“Ons het dit stilgehou, want dit ontstel Kylie,” verduideli­k Joost in ’n eksklusiew­e onderhoud oor die jongste verwikkeli­ng in sy uitgerekte stryd teen MNS. Vir sy 10-jarige dogter is dit een te veel om haar pa aan pypies en ’n masjien gekoppel te sien.

Selfs in die kloue van ’n siekte wat hom ál meer aftakel, bly hy ’n pa wat hom oor sy kinders se welsyn bekommer.

ORAL teen die mure van die leefgebied by sy huis in Dainfern, Midrand, waar ons gesels, is foto’s van Kylie en haar broer, Jordan (13), Joost se kinders by sy vervreemde vrou, die sangeres, aktrise en televisie aanbieder A mor Vit tone. Opeen foto ry Kylie perd en op ’n ander speel Jordan sokker.

Hulle woon by hul ma op dieselfde landgoed. Verlede jaar het Joost nog dikwels saamgery wanneer een van sy versorgers Jordan soggens by die skool gaan aflaai, maar nou gebeur dit selde. Hy sien sy kinders nog gereeld, veral oor naweke.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die oud-Bok Joost van der Westhuizen gebruik deesdae ’n suurstofma­sjien (ONDER) wanneer hy benoud voel.
HOOFFOTO: Die oud-Bok Joost van der Westhuizen gebruik deesdae ’n suurstofma­sjien (ONDER) wanneer hy benoud voel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa