Huisgenoot

RUIMTE EN VREDE ONS WENRESEP

Die sanger Jurie Els en sy vrou, die oud hoogspring kampioen Hestrie Cloete, is ná nege jaar in Nieu-Seeland nog gelukkig

- Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: REIMERD MOSTERT

SY WAS ’n liefling op die atletiekve­ld, hy ’ n Afrikaanse troebadoer wat tot sy laat 30’s ’n vrygesel was. Toe vind hulle mekaar.

Op 24 Februarie 2005 het Huisgenoot eksklusief op die voorblad aangekondi­g: “Glanspaar vertel alles oor groot romanse. Hestrie en Jurie: die liefde blom!”

Hulle is dieselfde jaar nog getroud, en sowat nege jaar gelede het die sanger Jurie Els en sy vrou, die voormalige Olimpiese hoogspring­er Hestrie Cloete, NieuSeelan­d toe verhuis. Sedertdien het ons min van hulle gehoor. Is hulle nog gelukkig? Wat doen hulle daar? is van die vrae wat lesers gereeld stel.

Nou kan Huisgenoot berig: Ná meer as ’n dekade blom die liefde steeds. “Jy weet met wie jy getrou het en al word jou lewensmaat ouer, het daai mens innerlik niks verander nie,” sê Hestrie (38). “Hy groei saam met jou en jy saam met hom. Julle sal ’n meningsver­skil hê en dit is goed, want dit is al hoe julle mekaar gaan leer ken. Eet daai sewe sakke sout saam op, want die suiker daarna is heerlik,” vertel sy uit Millwater, waar hulle deesdae woon. Dis ’n nuwe uitbreidin­g in Sil- verdale, so 20 minute se ry noord van Auckland.

Vir Jurie (53) is een van die geheime van hul huwelik dat hulle mekaar ná ’n rusie vergeef en aangaan met die lewe. “Ons ken mekaar baie goed en aanvaar mekaar. Ons stry en baklei ook nie heeldag oor klein goedjies nie. As ons wel vassit – en dis net so een of twee keer per jaar – sal ons dit goed uit-- baklei, maar dan is dit oor en verby. Ons s bly nie kwaad nie.”

Op 30 September vanjaar sal hulle hulul 12de huwelikshe­rdenking vier. “Ons is s baie lief vir mekaar, maar ons versmoor or – en vermoor! – nie mekaar nie. Die een n probeer nie die een verander nie en ons ns gee mekaar ruimte in ons huwelik. Ons ns vertrou mekaar 100 persent,” gesels Jurie ie verder.

“Ek gaan graag saam met vriende na ’n Bruce Springstee­n-, Def Leppard- of Meat Loaf-konsert, waar duisende men-nse is, terwyl Hes verkies om saam met ’n goeie vriendin te gaan koffie drink of fliek of om sommer net op die bed te lê en lees. Sy is nie lief vir skares nie. Ek hou ou wel daarvan om soms alleen op die plaas as of by die see te wees.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Hestrie en Jurie Els by hul twee kinders, Jason en Chrizette, op Snells Beach naby Auckland. Dit is 5 km van hul huis in Millwater naby Auckland. REGS: Jurie voer hul bokke, Luigi en Nibbles. REGS ONDER: Hes voer met ’n besoek aan Akarua naby Christchur­ch seemeeue op die kaai.
HOOFFOTO: Hestrie en Jurie Els by hul twee kinders, Jason en Chrizette, op Snells Beach naby Auckland. Dit is 5 km van hul huis in Millwater naby Auckland. REGS: Jurie voer hul bokke, Luigi en Nibbles. REGS ONDER: Hes voer met ’n besoek aan Akarua naby Christchur­ch seemeeue op die kaai.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa