Huisgenoot

SY TROTS, EN TOE SY GRAF

Terwyl ’n gesin treur oor hul broer wat in sy Kuga doodgebran­d het, kom ál meer klagtes na vore. Hoe gemaak as jy een het?

-

DIE halfverbra­nde notaboek met die bekende krabbels van sy broerskind was vir hom genoeg bewys dat die uitgebrand­e Ford Kuga 1.6 sy broer s’n is. “Daar was geen teken van ’n instrument­paneel of stuurwiel nie. Al wat jy kon sien, was staal,” vertel Kaveen Jimmy oor die dag toe hy George toe gevlieg het om die verkoolde oorblyfsel­s van die voertuig by die plaaslike polisiekan­toor te gaan uitken.

Sy broer, die 33-jarige Reshall Jimmy, het vroeg in Desember 2015 Suid-Kaap toe gery vir ’n vakansie. Hy wou bitter graag een keer in sy lewe skermsweef probeer en was vasbeslote om dit dié vakansie te doen. Maar hy was skaars 24 uur daar, toe tref die tragedie hom.

Sy motor het aan die brand geslaan en hy is binne vasgevang. Die hitte was so erg dat sy elmboë ontplof het. Net die vel van sy voetsole het heel gebly en Kaveen moes ’n DNS-monster verskaf sodat die liggaam uitgeken kan word.

“Dit was sy eerste behoorlike vakansie as volwassene,” sê die ouer broer uit sy huis in Rivonia in die noordelike voorstede van Johannesbu­rg, waar hy en sy jonger suster, Renisha, met Huisgenoot HOOFFOTO: Reshall Jimmy is dood toe sy Ford Kuga in Desember 2015 uitbrand. LINKS: Danny Joubert (links) van Fire and Disaster Dynamics en die forensiese wetenskapl­ike dr. David Klatzow, wat Reshall se dood ondersoek. HEEL LINKS: G’n teken van ’n instrument­paneel of stuurwiel nie. praat. Die uitsig is een van ’n goed versorgde tuin en swembad.

Kaveen is eers vier dae ná die voorval ingelig ’n lyk is gevind in die voertuig wat op Wildernis aan die Tuinroete aan die brand geslaan het. Hy het ’n oproep van ’n bankwerkne­mer gekry om te hoor of hy Kaveen Jimmy, ’n familielid van Reshall Jimmy, is. Hy moes dringend ’n speurder in George bel.

“Tot my verleenthe­id het ek onmiddelli­k gedink my broer was in die een of ander moeilikhei­d by ’n partytjie in George. Nou wens ek dit was waar,” sê Kaveen.

Hy het die speurder dadelik gekontak en dié het hom van die grusame ontdekking vertel: ’n Wit Ford Kuga Ecoboost het op Vrydagaand 4 Desember op Wildernis uitgebrand. Daar was ’n lyk in die

‘Dis hartverske­urend om te dink daardie motor het hom sy lewe gekos’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa