Huisgenoot

DIE KLASAKSIE

- (Blaai om)

voertuig en die polisie se voorlopige ondersoek het hulle laat vermoed die slagoffer is sy broer.

Kaveen bly lang oomblikke stil terwyl hy oor daardie oproep praat. “Ek het nog nooit ’n rilling so deur my lyf voel trek nie. Dit het gevoel of alles stadiger raak en terselfder­tyd baie vinnig gebeur. Ek kon nie verduur wat hy my vertel het nie.”

Die familie was bewus van Reshall se probleme met die motor. Hy het die voertuig ’ n paar keer na die handelaar geneem om probleme aan te meld; die laaste keer was ’n week voor sy dood. Hy het ook talle klagtes per e-pos na die handelaar gestuur.

“Hy het dit nuut gekoop, maar gekla dat dit krag verloor. Die remme het baie gou ingegee. Later het ons gehoor die motor skakel vanself aan waar dit in die ondergrond­se parkeerple­k by sy kantoor staan,” sê Renisha.

“Hy was baie trots op die motor,” onthou sy tranerig. Die dag toe hy sy nuwe ryding kry, het hy ’n ent met hulle gaan ry. “Dit is hartverske­urend om te dink daardie motor het hom sy lewe gekos.”

Renisha staar na ’n skyfievert­oning op ’n skerm; daar is foto’s van Reshall saam met sy familie en vriende.

Hul ma, Polly, verwerk die tragedie die moeilikste. “Sy is baie broos. Sy kry so swaar dat sy nie snags slaap nie,” vertel Kaveen. “Sy doen haar bes om sterk te wees vir ons en haar kleinkinde­rs, maar wanneer sy alleen is, kyk sy nie televisie nie. Sy huil in haar slaapkamer op die boonste verdieping.”

DIE oorsaak van die brand waarin Reshall gesterf het, word nou betwis. Die motor maatskappy Ford ontken dit hou verband met ’n fout wat die vervaardig­er genoodsaak het om duisende motors middel Januarie om veiligheid­sredes te herroep.

Jeff Nemeth, uitvoerend­e hoof van For dS A, het die herroeping op’ n mediainlig­tings essie aangekondi­g.

Hy het bevestig 39 voorvalle van brandende motors is al by hulle aangemeld, maar daar is dalk nog.

Hy het sy medelye betuig teenoor die Jimmy-familieled­e wat ook by die mediasessi­e was, maar gesê die oorsaak van die brand in Reshall se Kuga is steeds onbekend.

Jeff het sy dood beskryf as ’n “unieke en onverwante saak” wat nie verband hou met die aangekondi­gde herroeping van voertuie nie.

Maar die bedroefde familie gaan die saak nie daar laat nie.

Hulle wil hê die motormaats­kappy moet verantwoor­delikheid vir hul broer se dood aanvaar.

DIE Jimmys het saam met 30 ander gesinne ’n klas aks ieh ofsa ak teen die motormaats­kappy begin (sien die kassie op bladsy 26). Daarbenewe­ns het die familie reeds vroeg in Desember verlede jaar die privaat forensiese wetenskapl­ike dr. David Klatzow gekontak om ondersoek in te stel en hulle te help in hul onderhande­lings met Ford.

AANHALINGS oor familie en resepte vir liefde versier die mure van die patio waar die broer en suster hul hart teenoor Huisgenoot uitstort. Die plakkate wys hier woon ’n hegte gesin wat vir mekaar omgee. Die slagoffer was ’n sagmoedige siel, vertel sy broer en suster. “Reshall was die wonderliks­te vriend en broer wat ’ n mens kon vra,” sê Kaveen.

Renisha vertel van die laaste keer toe sy hom gesien het. Hy het haar kom groet voor hy met vakansie vertrek het.

“Ek het vir hom gesê: ‘Reshall, ek gaan jou baie mis.’ En toe hy loop, het hy ’n rukkie in die deur gestaan. Hy het net daar gestaan. Daardie beeld bly in my gedagtes.” ’n Klasaksie is ’n hofgeding wat ’n groep mense saam voer oor ’n saak waarby hulle gemeenskap­like belang het.

In die geval van die brandende Kugamotors het die prokureur Rod Montano die dag ná die veilig heidsh erroepin g ’n klasaksie teen Ford bekendgema­ak deur 31 gesinne wie se motors aan die brand geslaan het.

Rod, wat dosyne eienaars van uitgebrand­e Kuga-motors verteenwoo­rdig,

 ??  ?? Kaveen en Renisha Jimmy, Reshall se broer en suster, het saam met slagoffers van Kuga-brande ’n klasaksie-hofsaak teen Ford begin.
Kaveen en Renisha Jimmy, Reshall se broer en suster, het saam met slagoffers van Kuga-brande ’n klasaksie-hofsaak teen Ford begin.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa