Huisgenoot

OOSTERSE VARKRIB MET PRUIMSOUS

- 2 3 4 1 2 3 4 5 6

Die pruimsous maak die rib ekstraklew­erig en is ideaal vir ’n somerbraai. Bêre die res van die sous in die yskas en gebruik later as ’n marinade vir hoender of varkrepies. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 1 uur 1 ui, in kwarte

gesny 4 knoffel-

huisies, gekneus 800 g – 1 kg varkrib 250 ml (1 k) hoender

aftreksel PRUIMSOUS 500 g rooi of pers pruime, ontpit en in stukke gesny 1 rooi-ui, gekap 1 kaneelstok­kie 2 steranys 125 ml (½ k) appel

asyn 45 ml (3 e) sojasous 1 brandrissi­e, gekap

(opsioneel) 250 ml (1 k) sagte

bruinsuike­r 1 ml (¼ t) Chinese

vyfspesery­e

Plaas die ui en knoffel in ’n drukkoker. Pak die rib bo-op en giet die aftreksel oor. Bedek met kookwater en sit die drukkokerd­eksel stewig op. Kook 40 min. of tot gaar en sag.

Plaas intussen al die bestanddel­e saam in ’n klein kastrol, voeg 125 ml (½ k) water by

Pruimsous

en meng goed. Bring tot kookpunt en laat prut tot dik en stroperig (ongeveer 30 min.). Roer af en toe om te keer dat die sous aanbrand.

Haal die rib uit die vloeistof en klad liggies droog met kombuispap­ier. Verf aan albei kante met die pruimsous.

Braai die rib oor warm kole terwyl die sous aanhoudend oorgeverf word. Braai tot klewerig en liggies geskroei.

OONDHOENDE­R MET TIEMIEBOTT­ER EN GEROOSTERD­E PERSKES

Tiemie en perskes is ’n wenkombina­sie en sal vinnig ’n ge sinsguns teling word. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 1 uur 20 min. 60 ml (¼ k) sagte

botter 30 ml (2 e) vars tiemie

blare 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 1 heel hoender sout en vars gemaalde

peper 250 ml (1 k) hoender

aftreksel 2 rooi-uie, in kwarte

gesny 2 geelperske­s,

gehalveer 2 nektariens,

gehalveer 30 ml (2 e) bruinsuike­r VIR VOORSIT

20 g wilde roketblare Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

Meng die botter, tie- mie en knoffelhui­sies goed.

Lig die velletjie van die hoender bo die bors effens sonder om dit te skeur en vryf die vleis goed met die botter in. Geur oraloor met die sout en peper.

Plaas die hoender in ’n oondbak. Giet die hoenderaft­reksel rondom en bedek die bak met ’n deksel of tinfoelie. Rooster 1 uur in die oond.

Pak die uie, geelperske­s en nektariens op die bereide bakplaat en sprinkel die bruinsuike­r oor.

Verhoog die temperatuu­r tot 200 °C. Haal die deksel of tinfoelie van die hoender af en rooster nog 15-20 min. of tot goudbruin. Plaas die perskes en uie terselfder­tyd in die oond.

Vir voorsit

Garneer die hoender met die vars roketblare en sit voor saam met die perskes en uie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa