AG NEE, GROMPOT! WAAROM SO NEGATIEF?
’n Mens kan pessimiste nie altyd vermy nie – leer so hoe om hulle te hanteer
MARELIZE POTGIETER
ONS almal ken daardie soort mense wat in feitlik niks in die lewe iets goeds kan vind nie. Elke positiewe storie wat jy hulle vertel, kry ’ n “ja, maar” agterna. En aan die einde van ’n kuier by hulle voel jy skoon uitgemergel en byna net so swartgallig soos hulle.
Soms is dit ’n vriendin, kollega of ouer wat net nie meer wil of kan glo agter die wolke skyn die son tog nie.
Jy het dalk al besluit om sulke energievampiere uit jou lewe te sny, maar dikwels is dit makliker gesê as gedaan. Die kuier saam met jou swaer, tante of suster se skoonma is partykeer onafwendbaar wanneer die familie vir ’n verjaardag- of ander viering bymekaarkom.
Maar hoe keer jy dat die klakous jou net so bedruk stem? Volgens kenners kan dit skrikwekkend maklik gebeur. Al is energie onsigbaar vir die blote oog, kan mense beslis mekaar s’n aanvoel, sê Bea Potgieter, ’ n kliniese sielkundige van George .“Navorsing dui op’ n aansteeklikheid s faktor .’ n Pessimis se energie is swaar en dit voel dikwels of ’n mens in dryfsand vassit wanneer jy by hulle is.”
Murray J ooste ,’ n berading sielkundige van Worcester, beaam: “Depressie en pessimisme is seker van die aansteeklikste siektes wat daar is. Mense trek jou so maklik daarby in.”
Die eerste ding is om klaagsiekes te probeer vermy, sê hy, maar voeg by dis nie altyd moontlik nie, veral as hulle familie, ’ n kollega of lewensmaat is. Tweedens moet ’n mens hulle probeer verstaan. Soos die Joodse psigiater Viktor Frankl, ’n oorlewende van die Nazidoodskampe, gesê het: “As jy weet wat die waarom in die lewe is, kan jy feitlik enigiets te bowe kom.”
Maar waarom is sommige mense so ontevrede met die lewe en met ander mense, en hoe kan jy die turksvy die beste probeer hanteer? Daar kan ’n biologiese rede vir ’n negatiewe ingesteldheid wees, soos by depressielyers, sê Murray. Andersins kan die probleem by afbrekende denkpatrone lê. “Dit is ’n aangeleerde foutiewe manier waarop hulle oor hulself, ander en gebeure in hul lewe dink. Hulle dink voortdurend skadelike goed soos: ‘Niemand is lief vir my nie.’ Hulle beskou die wêreld as ’n vyandige plek en verklaar die lewe is onregverdig. En hulle glo hierdie negatiewe gedagtes is die werklikheid.”
Hul pessimisme is dikwels aangeleerde gedrag en daarmee probeer hulle onderliggende vrese verwerk.
“Iemand met ’n minderwaardigheidsgevoel sal byvoorbeeld ’n kompliment oor sy voorkoms so vertolk dat dit beteken hy het gister lelik gelyk.”
Wanneer swartgallige mense ander se gedrag beoordeel, probeer hulle ook daarmee hul eie negatiewe gevoelens verwerk, soos dat hulle minderwaardig