Huisgenoot

FAMILIE SKINDER OOR OU LIEFDE

- LIEWE ELIZE SR op P

Ek het ’n paar jaar met ’n geduldige man uitgegaan. Die seks en baie ander dinge was goed. Ons het so vyf jaar gelede uitgemaak omdat ek baie sielkundig­e probleme gehad het. Nou is my ma en sy pa ’n paartjie. Ek moet hom by allerhande geleenthed­e sien, soos nou weer in die Kerstyd, maar ek kan my dan nie sover kry om te gaan nie. Nie ek of hy het al iemand anders in ons lewe nie. Ek wil weer deel wees van ons kuiers by die familie, maar wil hom vermy. Almal praat nog heeltyd met my en met hom oor ons verhouding. Wat kan ek doen? Elke familie het sy kwota klets- en skinderbek­ke. Met byna enige skeiding kies almal kant; jou familie gewoonlik joune en sy familie syne. Joune sê dalk jy is beter daaraan toe sonder hom; syne glo weer hy sal net kan aangaan met sy lewe as hy van jou kan vergeet. Jy gaan nie maklik hul mond kan snoer nie.

Jy hoef nie jou familie prys te gee net omdat jou verhouding met dié man skipbreuk gely het of jy op familiebye­enkoms te ongemaklik voel nie.

In ’n familie waar daar respek vir almal se gevoelens is, kan dit met goeie beplanning en organisasi­e vir julle albei moontlik gemaak word om kontak met die familie te behou en steeds mekaar se privaathei­d te respekteer. Jy kan byvoorbeel­d een saamtrek bywoon en hy ’n volgende. Dis ’n oorkombare uitdaging.

Wat nog belangrike­r is, is dat jy jou voorneem om self die situasie te verander deur iets nuuts aan te pak. Die feit dat jy nie kans sien om saam met hom in ’n vertrek te wees nie, dui op onafgehand­elde sake tussen julle. ’n Gesprek hieroor sal nou, ná vyf jaar, onprodukti­ef wees. Ou verwyte uit spyt gebore, kan net dieper letsels veroorsaak en ’n nuwe kringloop begin.

Ek raai jou wel aan om ’n nuwe lewe te begin bou deur vriendskap­pe aan te knoop wat jou kring van geliefdes groter maak en jou die verlede kan help agterlaat. Dalk het jy mettertyd selfs iemand nuuts wat jou na familiekui­ers kan vergesel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa