Huisgenoot

SORG VIR JOU DIERE

Al gedink wat van jou hondekind gaan word as jy onverwags sou sterf? Tref nou voorsorg

- JOU GELDSAKE

JOU TESTAMENT

Troeteldie­re is nie bates nie en kan dus nie wetlik in jou testament aan iemand nagelaat word nie. Jy kan wel in jou testament geld nalaat aan iemand wat jy vertrou om jou diere te versorg. So ’n bepaling sal wetlik bindend wees, bevestig Ronel Williams van die Fidusiêre Instituut van Suider-Afrika. Iemand wat dit teenstaan, byvoorbeel­d gierige familie, sal moet bewys dat jy as testateur nie bevoeg was om ’n testament op te stel nie of dat jy onredelik beïnvloed is met die opstel daarvan.

VOORWAARDE­S

Dit kan onprakties wees om geld na te laat aan iemand om na die diere om te sien. As jy wil verseker die geld word inderdaad vir jou troeteldie­re se versorging gebruik, moet jy ’n voorwaarde daaraan koppel. Word daar nie aan die voorwaarde voldoen nie, verval die erflating. Dus moet iemand verseker dat dit nagekom word. Jy moet ook in jou testament voorsorg tref vir wat moet gebeur as dit verontagsa­am word. Kenners meen ’n trust is ’n goeie keuse.

TRUSTS

Jy kan ’n trust opstel terwyl jy leef of ’n testamentê­re trust, wat ná jou dood in tree. Ronel sê ’n testamentê­re trust is gewoonlik eenvoudig en kostedoelt­reffend. Die testament sal aandui watter bates of deel van jou boedel aan die trust oorgedra word, wie die trustees of inkomstebe­gunstigde is, hoe die trustees die geld moet gebruik, wanneer die trust beëindig word en wat met die orige bates gebeur. Die inkomstebe­gunstigde kan jou diere versorg; so nie wend die trustees die geld aan vir hul versorging.

SO WERK DIT

Die trustees moet die trust administre­er, trustgeld belê en die geld aan die inkomstebe­gunstigde betaal. Die trustee of trustees kan ’n trustmaats­kappy, ’n mens of mense wees. Die trust kan byvoorbeel­d die inkomstebe­gunstigde uit die inkomste van die trustfonds betaal om na jou troeteldie­re te kyk. Wanneer die laaste dier afsterf, sal die trust beëindig en die res van die kapitaalba­tes aan ’n mens of welsynsorg­anisasie van jou keuse uitbetaal word.

‘Ken jouself. Moenie jou hond se liefde aanvaar as klinkklare bewys dat jy wonderlik is nie’ – DIE AMERIKAANS­E JOERNALIS RUTH CROWLEY

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa