Huisgenoot

LIZZ MEIRING

Vir die eerste keer in haar loopbaan speel dié gesoute aktrise in ’n rillerkome­die, Hoener met die Rooi Skoene. Dit het pas in teaters begin draai

- Deur SASKIA HILL

Vertel ons van jou karakter in die fliek.

Ek speel Bonnie van der Byl, die ontvangsda­me by ’n teateragen­tskap. Sy is praatsiek en sê net wat sy dink. Bonnie is mal oor enige speur- of moordverha­al en is taamlik grootbek daaroor tot haar baas, Du Toit de Waal (gespeel deur Deon Lotz), een aand vermoor word.

Is daar enige ooreenkoms­te tussen jou en Bonnie?

Ek is nuuskierig, nes sy. My wêreld is darem heelwat groter as hare, want ek het die voorreg om in ’n beroep te werk wat ’n mens oral heen neem. Ek kan nou nie sê ek het soos Bonnie ’n obsessie met moordstori­es of rillers nie. Ek kyk nie eintlik rillers nie, want ek is ’n sissie en raak gou bang en te betrokke by die fliek. Maar hierdie fliek was anders, want ek speel daarin en weet wat in die teks gaan gebeur. As meer moordrille­rs met soveel vermaakwaa­rde soos Hoener met die Rooi Skoene geskryf word, sal ek meer gereeld daarna kyk.

Het jy ooit gedink jy sal in ’n rillerkome­die speel?

Nee. Ek is vanjaar 33 jaar in die bedryf en het al in byna 2 000 produksies gespeel (insluitend die TV-reekse Manakwalan­ners en Molly & Wors en die flieks Lipstiek Dipstiek en Vaatjie Sien Sy Gat). Tog het ek nooit gedink ek sal in ’n rillerkome­die speel nie. Elke nuwe genre is ’n nuwe ontdekking; dis ’n nuwe avontuur. Ek is baie dankbaar daaroor.

Wat was jou gunsteling­rol van almal en waarom?

Dis moeilik, want elke rol het sy eie uitdagings, vrese en oorwinning­s. En elke rol kom in ’n ander stadium van jou lewe. Maar ek het dit ontsaglik geniet om Bonnie te speel. Dis so ’n wonderlike rol en ek skrik ook nie vir baie dialoog nie. Tagtig persent van die fliek was my karakter se woorde, en ek hou van praat!

Wie was die snaaksste karakter op die stel?

Ons het ’n papegaai, Coco, op die stel gehad. Hy “vertolk die rol” van Na- poleon, Bonnie se vertroueli­ng. Coco was vreeslik interessan­t om dop te hou. Hy was soms ook bra geniepsig. Die een oomblik was hy vriendelik en het hy jou toegelaat om sy kop te krap en hom ’n bietjie te streel; die volgende oomblik sou hy sommer na jou hap.

Hoe was dit om op die Wes-Kaapse dorpie Klaarstroo­m aan die fliek te werk?

Ek was nog nooit tevore op Klaarstroo­m nie; dis ’n juweeldorp­ie tussen die Swartberge. Die donkies loop in die straat. Dis absoluut idillies. Koos Roets (die regisseur en skrywer) woon daar en ek kan verstaan hoekom hy daarvan hou om daar te verfilm. Dit was heerlik.

Jy is uiters besig. Waarmee hou jy jou besig wanneer jy ’n ruskansie het?

Ek is mal oor geskiedeni­s, argeologie, mitologie en die antieke geskiedeni­s. Ek besoek graag museums en ander historiese besienswaa­rdighede. Ek sal ook graag rustig saam met my pelle kuier. Ek het ’n pragtige kat, Moccha, wat altyd by my kom aandag soek; hy dwing my ook om tyd saam met hom deur te bring.

 ??  ?? HOOFFOTO: Ná 33 jaar in die bedryf ken Lizz Meiring haar storie voor die kamera. BO: In Hoener met die Rooi Skoene saam met Louw Venter (kapt. Greyling). HEEL BO: Napoleon (die papegaai Coco) is haar karakter, Bonnie, se vertroueli­ng.
HOOFFOTO: Ná 33 jaar in die bedryf ken Lizz Meiring haar storie voor die kamera. BO: In Hoener met die Rooi Skoene saam met Louw Venter (kapt. Greyling). HEEL BO: Napoleon (die papegaai Coco) is haar karakter, Bonnie, se vertroueli­ng.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa