Huisgenoot

J NOSTALGIE EN NAWETE

’n Debuutskry­wer verras met ’n treursang oor verlore liefde

-

OHANNESBUR­G dra ’n geheim in hom rond.” Jaar ná jaar wanneer die stad oor Desember leegloop, kom die skoenlappe­rs in hul duisende.

“Dis ’n ongeloofli­ke gesig: massas skoenlappe­rs wat dag ná dag te sien is in tuine en parke, ook wanneer jy in jou motor is op pad werk of huis toe. Die swerms wit skoenlappe­rs migreer jaarliks van die Weskus oor Namibië, na die binneland oor Gauteng – glo op pad na Mosambiek en Madagaskar,” vertel Valda Jansen.

By hierdie verskynsel het sy die titel van haar debuutroma­n gaan leen. Hy Kom met die Skoenlappe­rs is die verhaal van ’n vrou wat terugkyk op ’n innige liefdesver­houding wat sy met ’n man in Duitsland gehad het. “’n Elegie aan verlore liefde” staan op die voorblad.

Ook op die voorblad skryf Petra Müller: “Dié roman is ’n bewys daarvan dat ’n mens nooit weet wat in ’n letterkund­e kan opduik nie. Soos ’n loerie voor jou oë verby – die ene glans en groenighei­d.”

Die storie is so geslyp dat ’n mens jou verwonder dat Valda nou eers debuteer, maar dit blyk sy “oefen” lankal.

“Ek het maar altyd geskryf en gelees. Ná universite­it was ek ’n Duits-onderwyser­es wat ook Afrikaans en Engels onderrig het. Daarna was ek by Die Burger, Beeld en RSG ‘ n joernalis,” vertel sy.

“Ek is die een wat treur en as ek nie nou sit en alles neerskryf nie, gaan ek iets oorkom.” Sinne soos dié en die feit dat die vrou in die roman die man ’n ander naam gee “sodat niemand sal weet wie jy is nie”, laat ’n mens wonder of die roman outobiogra­fies is. Op ’n vraag of sy dink dit is nodig dat die leser weet wat die waarheid is, antwoord Valda: “Wie se waarheid? Watter waarheid? Lesers moet versigtig wees om nie die skrywer met ’n karakter te verwar nie. Dis nie ek, die skrywer, wat die man ’n ander naam gee nie; dis die verteller in die storie. “Dit is fiksie; daar is nie ‘ feite’ in nie. Tog is daar biografies­e elemente in die storie wat metafore is vir iets anders.” Die meisietjie wat tydens apartheid in die Strand grootword, is nie die hooftema nie, maar die beskrywing­s hiervan is skrynend en bly ’n mens by. Hoe sy en haar broers op warm someraande gaan winkelvens­ters kyk. Op die wit strand mag hulle nie kom nie. Valda skryf: “Ons mag nie daar woon nie, net inkopies doen en dan die dorp verlaat, ons mag nie in restaurant eet nie, veral nie in die Wimpy nie.” Sy vertel dat sy sedert Hy Kom met die Skoenlappe­rs se verskyning by verskeie mense gehoor het dat hulle dit skreiend vind, “onthutsend, tog ook roerend of ontroerend”.

Sy sê: “Ek het altyd gedink die impak van apartheid was tog vanselfspr­ekend en voor die hand liggend.

“Ek glo in die krag van die sagte woord. Die understate­ment is dalk meer oortuigend en doeltreffe­nd as ’n woedeuitba­rsting.”

Valda, wat in Zonnebloem, Kaapstad, woon, skryf nou voltyds. Sy sê dit is harde werk en sy bewonder “enigeen wat die moed en deursettin­gsvermoë het om ’n leë skerm of skoon bladsy te trotseer.

“My ondervindi­ng as onderwyser­es en die dissipline wat ek as joernalis geleer het, het my gehelp om my debuutroma­n af te rond toe ek in 2014 besluit om eerder te skryf as vir ’ n salaris werk.”

Vele skrywers inspireer haar. “Dit is moeilik om name uit te sonder, want daar is so baie. Maar tog: Zoë Wicomb, Rayda Jacobs, Arnon Grunberg, SJ Naudé en Gabriele Stötzer.”

Sy werk nou aan haar tweede boek, “wat hopelik nie weer so lank sal neem om geskryf te word nie”.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa