Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / LOVING

- Jy kan wag tot dit op DVD uitgereik word. – LEON VAN NIEROP

Ware lewensdram­a. Met Joel Edgerton en Ruth Negga. Regisseur: Jeff Nichols. 7-9O. Begin op 3 Februarie.

Waaroor gaan dit?

Dis die ware verhaal van Richard en Mildred Loving, wat in 1958 in die Suide van Amerika in die tronk gestop is omdat ’n huwelik tussen ’n wit man en swart vrou verbode was. Hierdie rolprent loop die lang en moeisame pad na aanvaardin­g saam met hulle.

Wie sal hiervan hou?

Die waarheid is vreemder as fiksie. As jy hieraan glo, sal hierdie fliek jou nie net onthuts nie; dit sal jou opnuut onder die indruk bring van die gruwels van rassisme.

Gewoonlik word die ironie en emosie in dié soort prente met dik kleurpenne onderstree­p om kykers onder die indruk te bring van die onreg wat gepleeg word. Maar hier word die gruwels sodanig onderspeel dat dit juis in sy stil, strak aanslag is dat hierdie rolprent se gesaghebbe­ndheid lê.

Behalwe die nugter en saaklike draaiboek, lê sy trefkrag ook in sy stewige karakteris­ering wat deur puik akteurs oorgedra word. Ruth Negga is al dikwels uitgesonde­r vir haar waardige en aandoenlik­e vertolking as Mildred, wat – ten spyte van oorweldige­nde aanslae teen haar en haar man – altyd waardig gebly het, terwyl Joel Edgerton feitlik onherkenba­ar is as haar man. Weg is sy glansbeeld van ander rolprente. Hy slaag volkome daarin om diep onder die vel van die verwonde en oorblufte Richard Loving te kom. Maak gereed vir ’n sober, intieme en eenvoudige styl wat jou katswink sal slaan.

Dié fliek is tydsaam en ontgin sy storie deeglik, met noukeurige aandag aan die herskeppin­g van die laat 1950’s. Vrees, vooroordee­l en paranoia is lank laas so uitstekend uitgebeeld. Jy sal hierdie ongeloofli­ke, ware verhaal lank onthou.

Kyk nou of wag vir DVD?

Mississipp­i Burning, Fences. Die rolprent is gegrond op die televisied­okumentêr van 2011 deur Nancy Buirski, The Loving Story.

Die sage het van 1958 tot 1967 geduur voor die hof beslis het die Lovings se huwelik is wel wettig.

Die fliek op verlede jaar se Cannes-rolprentfe­es 12 minute lank staande toegejuig.

 ??  ?? Joel Edgerton en Ruth Negga in Loving.
Joel Edgerton en Ruth Negga in Loving.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa