Huisgenoot

KWEEK PLANTE VAN STEGGIES

-

Plante het ’n ongeloofli­ke vermoë om hulself te vernuwe. Een manier waarop ons ’n nuwe een kan kweek, is om steggies uit te plant. ’n Steggie is ’n afgesnyde stuk van ’n plant wat wortelskie­t sodat ’n volwaardig­e nuwe een daaruit kan groei. So werk dit:

Kies ’n gesonde plant.

Steggies sal makliker wortelskie­t as die moederplan­t gesond is en genoeg kos en water gekry het. Die belangriks­te ding om te onthou is dat die steggie aan die lewe gehou moet word tot die plantselle by die stingelpun­t wortels begin vorm.

Dis jou verantwoor­delikheid om seker te maak die stingels en blare droog nie uit terwyl die wortels ontwikkel nie. Al het die plantselle vog nodig om ’n nuwe wortelstel­sel te begin vorm, moet dit nie te nat wees nie, anders kan dit begin vrot.

Stap 1

Kry ’n dreineerba­k gereed. Voeg twee dele grond en een deel riviersand in ’n bak met dreineerga­te. Maak dan die grond nat.

Stap 2

Gebruik ’n skerp snoeiskêr of kunsvlytme­s en sny die tak onder die eerste of tweede knoop van die moederplan­t af. Die tak wat jy afsny, moet sowat 7 cm lank wees. Maak ook seker jy sny die punt skoon af. Daar moenie drade daarvan afhang nie.

Stap 3

Verwyder alle blare buiten die boonste twee of vier. Verwyder alle blomknoppe of blomme.

Stap 4

Druk die tak of takke liggies in die grond voor dit uitdroog. Probeer om die afgeknipte stuk nie in skerp sonlig te laat lê voor jy dit plant nie. Hoe gouer jy die steggie plant, hoe beter.

Stap 5

Dop’ n afgesnyde plastiek koeldrank bottel oor die plante o mof maak hulle met ’n glasblad of kleefplast­iek toe. Jy kan selfs ’n deursigtig­e plastieksa­k oor die bak trek. Bêre die bak met steggies in die koelte, maar waar steeds genoeg lig is. Maak so elke drie dae seker die grondmengs­el is steeds klam genoeg.

Moenie oorhaastig wees nie; ’n steggie kan maklik doodgaan as jy dit te gou uithaal om te kyk of die wortels al begin ontwikkel het. Hierdie proses kan twee tot drie weke neem. As jy sien die steggie begin weer groei, kan jy maar weet die wortels is daar.

Stap 6

Kyk weekliks onder by die dreineerga­te. Sodra jy die nuwe wortels kan sien, is die plant goed gevestig en gereed om in ’n groter pot oorgeplant te word. Jy kan die steggies in die tuin uitplant wanneer hulle sowat 20 cm hoog is.

 ??  ?? Maak seker die steggie droog nooit uit nie. Party steggies kan ook ’n ruk lank in water bly tot die eerste wortels begin uitloop.
Maak seker die steggie droog nooit uit nie. Party steggies kan ook ’n ruk lank in water bly tot die eerste wortels begin uitloop.
 ??  ?? Gebruik ’n baie skerp lem of snoeiskêr om jou steggie van die tak af te sny.
Gebruik ’n baie skerp lem of snoeiskêr om jou steggie van die tak af te sny.
 ??  ?? Plant die steggie in ’n mengsel van twee dele grond en een deel riviersand.
Plant die steggie in ’n mengsel van twee dele grond en een deel riviersand.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa