Huisgenoot

DIE RIDDER EN SY MOOI NOOI

Die steeds verliefde Players kyk dankbaar terug op die pad tot by hul 60ste huwelikshe­rdenking verlede maand

- Deur JOANIE BERGH Foto’s: JACQUES STANDER

HY WAS ’n laaitie van net 14 jaar oud toe hy haar die eerste keer sien – by ’n pel se huis in die suide van Johannesbu­rg. Dié het hom kort tevore vertel van die “mooi nooi” in die bure se agterplaas. Hy het op ’n rots geklouter om oor die hoë muur te loer – en daar sien hy haar: ’n pragtige donkerkop van 13 jaar oud.

“Ek gaan met haar trou,” het die jong Gary Player dadelik laat hoor.

“My vriend het natuurlik gedink ek is mal,” vertel dié gryse ikoon van wêreldghol­f en lag, “maar dit was die begin van ons twee se sprokiesli­efdesverha­al. Ses jaar later, op 19 Januarie 1957, toe trou ek wraggies met daardie mooi nooi.”

En nou, 60 jaar later, is hy en Vivienne – destyds Verwey – steeds gelukkig getroud.

Op 81 is dit vir Gary ’n groter mylpaal as al sy prestasies op die gholfbaan. En om dit te vier, het hy en die pragtige Vivienne hul huweliksbe­loftes onlangs op Plettenber­gbaai voor hul ses kinders en 22 kleinkinde­rs herhaal.

“Ek is vandag liewer vir Vivienne as ooit,” vertel Gary. “Sy was nog altyd ’n ongeloofli­ke eggenote vir my en ’n uitstekend­e ma vir ons kinders.”

Dit was sy idee om hul huweliksbe­loftes op Nuwejaarsd­ag te herhaal. “Ek weet van geen ander sportman wat sy huweliksbe­loftes ná 60 jaar met dieselfde vrou herhaal het nie. Wat ’n voorreg.”

DIE Players, wat met perde boer op hul plaas buite Coles berg in die NoordKaap, is vandag op ’n blitsbesoe­k in Kaapstad. Dis moeilik om te glo die stylvolle vrou wat ons by die deur van hul hotelsuite verwelkom, is ’n ouma wat binnekort haar 81ste verjaardag vier.

Op die TV in die sitkamer word ’n tennisweds­tryd uitgesaai. “Ek is mal oor sport,” vertel Vivienne en wys na die sporthorlo­sie aan haar pols. “Ek en Gary is ons lewe lank al baie gesondheid­sbewus. Ek het nou hierdie horlosie gekry om my daaglikse treë te tel.”

Gary sluit by ons aan en groet hartlik. Hy is van kop tot tone in swart geklee, nes die wêreld die sogenaamde Black Knight op die gholfbaan leer ken het. Toe hy daardie dag oor die muur na Vivienne loer, het Gary pas sy eerste gholfstok by sy pa gekry.

Drie jaar later, in 1953, het hy op 17 jaar ’n beroepspel­er geword en die titels begin inryg. Vandag word hy steeds as een van die beste spelers nog beskou.

“Ons was drie groot gholfspele­rs destyds: ek, Arnold Palmer en Jack Nicklaus,” onthou hy. “En ons het al drie ’n fenomenale vrou gehad wat bankvas agter ons gestaan het. Ons sou nooit ons sukses sonder hulle kon behaal nie.”

Arnold se eerste vrou, Winifred Walzer, met wie hy in 1954 getroud is, is in 1999 oorlede. Hy het in 2005 met Kathleen Gawthrop getrou, en hulle was saam tot met sy dood verlede jaar .

Jack en sy vrou, Barbara Bash, is in

 ??  ?? HOOFFOTO en BOBO: N Nog nett so verlief.li f Vivienne en Gary Player het onlangs hul 60ste huwelikshe­rdenking gevier. Dié twee ken mekaar al sedert 1951.
HOOFFOTO en BOBO: N Nog nett so verlief.li f Vivienne en Gary Player het onlangs hul 60ste huwelikshe­rdenking gevier. Dié twee ken mekaar al sedert 1951.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa