Huisgenoot

ROOKSKERM, OF TYD VIR OPDOK?

As deel van ons 101jarige bestaan ontleed ons weekliks ’n aktuele saak. Dié week handel oor ’n hulppakket aan destyds se Bankorp

-

OU KOEIE wat uit die sloot gegrawe word om die aandag van die staatskapi­ngspenarie af te lei, fluister sommige. ’n Gekonkel wat eens en vir altyd in die oopte gebring moet word, meen ander. Vrae het die laaste weke opnuut opgevlam oor ’n Reserweban­k-hulppakket aan ’n bankgroep wat in die laaste jare van die apartheids­regering begin het.

Absa is midde-in dié herrie en Sanlam se naam word ook genoem.

Die gevolgtrek­king van ’n voorlopige verslag wat onlangs uitgelek het, is Absa moet moontlik R2,25 biljoen aan die staat opdok weens ’n beweerde onregmatig­e reddingsbo­ei aan die groep Bankorp in die laat 1980’s en vroeë ’ 90’s. (Absa het Bankorp in 1992 oorgeneem.)

Waaroor gaan die bohaai en hoe bekommerd moet jy wees as jy met hierdie In Huisgenoot se 101ste jaar kyk ons elke week terug na gebeure wat mense wêreldwyd laat regop sit het. instansies sake doen? En hoekom is hierdie reddingsbo­ei juis nou weer in die soeklig?

Die storie gaan ver terug. Verskeie ondersoeke is al gedoen. Sekere kritici meen dit word weer afgestof om die aandag af te lei van die regering se verleenthe­id oor beweerde staatskapi­ng.

Intussen het dr. Chris Stals, destydse president van die Reserweban­k, teruggekap en gesê die bevinding in die voorlopige uitgelekte verslag is die gevolg van ’n onderhoud wat adv. Thuli Madonsela, die vorige openbare beskermer (OB), met hom gevoer het. Die bevinding is verkeerd omdat daar waarskynli­k ’n gebrek aan begrip is oor hoe die reddingsbo­ei gewerk het. “Ek het dit baie duidelik aan haar gestel dat die (Reserwe-)bank niks van Absa kan eis nie,” het hy aan Business Day gesê. “Absa het sy verpligtin­g in 1995 afgehandel. Dis naïef om te dink daar kan ’n suksesvoll­e eis wees.”

Madonsela het die voorlopige verslag opgestel en die huidige OB, Busisiwe Mkhwebane, het dit oorgeneem voor sy dit kon afteken. Mkhwebane het intussen ’n klag by die polisie ingedien om vas te stel hoe die verslag uitgelek het.

Die sage, wat al jare lank in omstredenh­eid gehul is, sloer dus voort.

 ?? Deur MARELIZE POTGIETER ??
Deur MARELIZE POTGIETER
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa