Huisgenoot

’N BONDELTJIE LIG NÁ DIE PYN

Hul seuntjie was net vier jaar oud toe hy in 2014 sterf nadat kapers met hom in sy ma se motor weggejaag het. Maar ’n nuwe lewe bring nuwe hoop op genesing

- Deur SHANAAZ PRINCE Foto’s: TUMELO LEBURU Konst. Gerald Rapetswa, polisiewoo­rdvoerder, het by navraag gesê die saak word nog ondersoek. “Ons sal die gesin inlig oor enige vordering wat gemaak word.”

HULLE leef nog elke dag saam met die verlies van Taegrin, maar ná ongeveer twee en ’n half jaar verg ’n nuwe asempie in die huis in Boksburg hul aandag en liefde. “Die Here het ons met nog ’n seun geseën,” vertel ’n stralende Chantel Morris. Pa Elwin glimlag breed en hul dogter, Erin (10), gee haar nuwe bababoetie, Braylin (vier maande), piksoentji­es op sy kop.

As pasgetroud­es wou Chantel (39) en Elwin (37) ’n seun en ’n dogter hê. En met Taegrin se geboorte het hulle gevoel hul gesin is volledig.

Maar toe kom daardie verskrikli­ke dag in Julie 2014.

Chantel was op die punt om te vertrek van haar ouma se huis in die woonbuurt Reiger Park. Erin (toe 8) en Taegrin (4) het agter gesit, met hul sitplekgor­dels aan. Skielik het drie mans by Chantel se motor opgedoem en haar beveel om uit te klim. “Dit het alles so vinnig gebeur,” vertel sy.

Sy het uitgeklim en een van die kapers het dadelik haar plek agter die stuurwiel ingeneem. Erin het vinnig uitgeklim, maar Chantel het gesukkel om Taegrin se sitplekgor­del los te kry. Sy het hom probeer lostrek, maar toe trek die kaper met die motor weg – met haar kind steeds in die sitplekgor­del verstrenge­l.

Toe die polisie Chantel se Volkswagen Golf later by die Boksburgme­er kry, was die sitplekgor­del steeds om Taegrin se verminkte lykie gedraai nadat hy 8 km ver gesleep is. “Net die Here weet hoekom Hy my en Elwin gekies het om dit deur te maak,” vertel Chantel. “Ek het die aand van Taegrin se dood gebid en gesê: ‘Here, ek kan dit nie op my eie hanteer nie; ek laat dit in u hande.’ ”

Klein Taegrin sou vanjaar sewe geword het. Die gesinsfoto’s wys ’n sorgelose seun wat graag buite dinge saam met sy pa gedoen het.

“Taegrin het van klere gehou,” vertel Elwin. “Hy sou homself altyd aantrek en net ek mag sy hare gedoen het. Dan het ons uitgegaan om vir die aand by my vriende te gaan kuier en as dit laat word, sou hy sê: ‘Mamma sal verstaan.’

“Ek wil dit so hê met Braylin,” sê Elwin. “Dit is nie te sê hy neem Taegrin se plek in nie, maar ons kan ten minste daardie pa-en-seun-band hê.”

Chantel beaam: “Braylin sal Taegrin nooit vervang nie. Hy is sy eie mens en ons is so geseën om hom te hê.”

Tot vandag toe is niemand in hegtenis geneem nie nie. Chantel is nie meer woedend vir die kapers nie, maar Elwin voel anders. “Ek het my al afgevra: ‘Wat sal ek doen as ek dié mense raakloop?’ Ek het op ’n kol vir Chantel gesê ek moet dalk probeer uitvind wie dié ouens is. Dit maak seer wanneer ons na Taegrin se graf gaan. My seun lê daar en niks word gedoen nie.”

Elwin se gesigsuitd­rukking versag toe hy na Braylin kyk.

“Daardie glimlag van hom is nes Taegrin s’n. Wanneer jy wakker word en jy sien daardie glimlag, verander dit dadelik jou hele bui. Alles raak beter.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Chantel en Elwin Morris by hul seun, Braylin, en hul dogter, Erin. Braylin se geboorte het hulle berusting help vind ná die grusame dood van hul seun Taegrin (ONDER) tydens ’n motorkapin­g in 2014. Niemand is nog in verband met die gebeure...
HOOFFOTO: Chantel en Elwin Morris by hul seun, Braylin, en hul dogter, Erin. Braylin se geboorte het hulle berusting help vind ná die grusame dood van hul seun Taegrin (ONDER) tydens ’n motorkapin­g in 2014. Niemand is nog in verband met die gebeure...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa