Huisgenoot

’N PRINSIE EN WARE KLEIN STRALERJAK­KER

Gloria Arendz se eerste kleinkind is nog net ’n paar maande oud, maar hy reis reeds die wêreld vol

- Deur LARA ATSON Foto’s JACQUES STANDER

HY IS net twee maande oud, maar reeds ’n stralerjak­ker. Sy eerste wit Kersfees het hy in sy ouma aan moederskan­t se luukse chalet op Klosters in Switserlan­d deurgebrin­g. Nuwejaar het hy by sy pa se familie op Gstaad in dieselfde land ingelui. Nou geniet hy sy eerste somer in ’n drieverdie­pinghuis in die spogbuurt Kampsbaai.

Vandag maak Rob Felipe Agostinell­i sy debuut in Huisgenoot. Daarvoor word hy in die een ontwerpers­uitrusting ná die ander uitgevat – klaar net so stylvol soos ouma Gloria Arendz en sy modelmooi ma, Luciana Agostinell­i (26).

Kaalvoet kan hy ook nie wees nie. “Waar is sy Hermès-skoene?” vra sy pa, die kunstenaar Massimo Agostinell­i (29). En dan kom ’n paar babaskoene van dié Franse modehandel­smerk te voorskyn.

Toe ons fotograaf die kleinman op ’n elegante koningsblo­u fluweelban­k sitmaak, besluit sy pa basta! Net ’n vergulde stoel is goed genoeg vir sy “prinsie”.

Terwyl Gloria en haar man, die Switserse eiendomsma­gnaat en sakeman Rolf Theiler (albei 59), op Klosters van die koue bibber, span die Agostinell­i’s, hul seun en Luciana se jonger suster, Giorgiana Theiler (20), uit in Enigma, Gloria-hulle se spogherehu­is in sonnige Kaapstad. Dit het ’n 3D-fliekteate­r en meubels en kunswerke uit talle wêrelddele en is een van die duurste, weelderigs­te huise in die land (My droomhuis, my paradys, 28 Januarie 2016).

Die hele gesin sou oudergewoo­nte in die Kaap kom vakansie hou, maar weens onvoorsien­e omstandigh­ede sluit Gloria en Rolf eers later by hulle aan, sê Luciana. Die modeontwer­per Errol Arendz, Luciana se oom, het wel al kom inloer om sy suster se eerste kleinkind te ontmoet. “Hy is versot op hom,” sê Luciana.

En ouma Gloria? “Sy is al een wat hom aan die slaap kan sus,” vertel Massimo. “Ja, sy sit haar musiek aan en dans met hom,” beaam Luciana. “Ek sal hom vir haar gee en sê: ‘Ma, dit is nou speeltyd.’ Maar dan bring sy hom 10 minute later terug en hy is vas aan die slaap.”

KLEIN Rob is met die spreekwoor­delike goue lepel in die mond gebore. Vir sy eerste kuier in sy ma se geboortela­nd is sy Rimowa-tas tot barstens toe vol gepak met

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa