Huisgenoot

16 KG LIGTER – EN DIS G’N GRAP!

Slegtel gesondheid­snuusdh d het Jonathan van Radio Raps ’n nuwe, gesonder rigting laat inslaan, en die e komediant sien nou uit na sy troue

- Deur MARIZKA COETZER ER

DIT was by die première van sy fliek, Jonathan: die Movie, einde Oktober dat ’n aanhanger vir hom gesê het: “Jis, ou, die TV laat jou regtig dikker lyk!” Die gewilde YouTube-grapjas van Radio Raps-faam lag diep uit sy maag terwyl hy die oomblik met ons deel. Maar dis nie die kamera wat die aanhanger bedrieg het nie: Jonathan, oftewel Rikus de Beer, het deesdae inderdaad heelwat minder om die lyf danksy ’n gesonde eetplan en leefstyl.

Maar eers moes Rikus (31) groot skrik. In September verlede jaar het hy so sleg gevoel dat hy in die hospitaal beland het.

Kardiomiop­atie is ses jaar gelede by hom gediagnose­er, ’n toestand waar ’n defektiewe hartspier veroorsaak dat die hart vergroot en nie ten volle funksionee­r nie. “Dit was die derde keer dat dit my plattrek – in 2011 het my lewe aan ’n draadjie gehang,” sê hy. Toe het sy hart teen net sowat 20 persent gefunksion­eer.

Die jongste skrik was vir hom een te veel. Met ’n gesonde dieet en oefening ses dae per week het hy in die afgelope vier maande sowat 16 kg afgeskud. (Sien die kassie.) Hy drink wel so dan en wan ’n brandewyn, bieg hy – “maar met ’n Diet Coke daarby”.

Sy nuwe, vietser lyf is nie al rede waarom dit deesdae so goed met hom gaan nie. Langs hom sit Kaylee van den Berg, die 23-jarige donkerkop met wie hy in November gaan trou. “Sy het ’n lekker lag en ons humorsin is dieselfde.”

Ons wys hom daarop dat hy rooi word terwyl hy oor haar praat. “Jonathan bloos nie, maar Rikus wel,” erken hy. En Kaylee lag alte lekker.

DIE paartjie het mekaar een Saterdagaa­nd verlede jaar in ’n kuierplek in Centurion by ’n opvoering van Rikus se vriend Dewald Wasserfall ontmoet. “Ek onthou die oomblik toe sy saam met haar vriendinne instap,” vertel hy.

Albei was op pad kroegtoonb­ank toe. “Jammer, kan ek verbykom?” het hy gevra en haar sonder om eens te dink ’n grap vertel. “Sy het so lekker uit haar maag uit begin lag,” onthou hy.

En toe kom die grappe die een ná die ander. Hy het haar gevra om die volgende oggend saam met hom ontbyt te eet, maar sy het gesê nee, Sondae is haar “varkiedag” – sy gaan nie uit nie.

Sy voeg by: “Sondae is steeds my varkiedag. Sondae rus ek en doen nie veel nie. Ek is ook nie lus om veel te doen nie.”

Rikus het haar nommer gekry en haar drie dae later weer uitgevra.

Hierdie keer het sy ingestem om die aand in Pretoria te gaan uiteet. Die sjef is ’n vriend en Rikus het hom vooraf gevra om alles uit te haal. Maar in die restaurant het Kaylee besluitelo­os deur die spyskaart geblaai – en toe die eenvoudigs­te pizza gekies. “Uit alles op die spyskaart, regtig!” vertel hy laggend.

 ??  ?? HOOFFOTO en LINKS: Kaylee van den Berg en Rikus de Beer van Radio Raps-faam beplan om in November af te haak. So het Rikus gelyk voor sy gesondheid hom so skrikgemaa­k het dat hy 16 kg afgeskud het deur gesond te begin leef.
HOOFFOTO en LINKS: Kaylee van den Berg en Rikus de Beer van Radio Raps-faam beplan om in November af te haak. So het Rikus gelyk voor sy gesondheid hom so skrikgemaa­k het dat hy 16 kg afgeskud het deur gesond te begin leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa