Huisgenoot

STRYDERS IN DIE LOOPGRAAF VAN ’N MOORDSAAK

In ’n nuwe boek vertel een van Fred van der Vyver se advokate wat tydens die aangrypend­e regstryd agter die skerms gebeur het

-

STILBLY was ’n dekade lank al antwoord wat ’n mens uit Fred van der Vyver of die regspan sou kry wat verbete geveg het om sy onskuld te bewys. Die verhoor waarin die jong aktuaris in 2007 aangekla is van die moord op sy destydse meisie, Inge Lotz (22), was voorbladnu­us. Maar Fred en sy advokate het geswyg oor wat alles tydens die nege maande lange hofsaak agter die skerms gebeur het.

Nou lig adv. Barry Pienaar, ’n lid van Fred se gedugte verdedigin­gspan, in die nuwe boek “Freddie Boy”, The Untold Story die sluier oor lang nagte van bloedsweet tussen bokse en bokse dokumente en senuwees van staal terwyl die 24-jarige beskuldigd­e se toekoms in die weegskaal was.

“Fred is ’n gewone ou. Hy is verskrikli­k ordentlik, baie slim en saggeaard,” gesels die 61-jarige advokaat in sy ruim Port Elizabeths­e kantoor met rye regsboeke teen elke muur.

Al het sy boek eers in Desember verlede jaar verskyn, het Barry reeds in November 2007, net ná die verhoor, daaraan begin werk. Voor hy sy aandag daarop kon toespits, moes hy eers “flippen” hard werk om finansieel in te haal omdat hy so besig was met Fred se saak dat hy nie ander werk kon aanvaar nie. Tussendeur – naweke en saans – het hy aan die boek gewerk en dit in samewerkin­g met Boutique Books self laat druk.

Waar kom die titel vandaan? “Ag, dit is maar iets wat opgeduik het in gesprekke tussen my en (adv.) Dup (de Bruyn, wat Fred se regspan gelei het). Ek dink dit is nogal verduideli­k Barry.

Mense oorval hom vir onderteken­de eksemplare. Barry en sy lewensmaat, Elaine Marshall-Botha, het aan die einde van verlede jaar met die kus langs van dorp tot dorp gery en self eksemplare by uitgesoekt­e boekwinkel­s afgelewer. Die eerste drukoplaag van 400 is al opgeraap en hy gaan nog 500 laat druk.

En wat sê Fred, deesdae ’n suksesvoll­e aktuaris in Kaapstad en sedert 2011 ge- troud met die arbeidster­apeut Elmari Dorfling, van die boek? “Hy het van die begin af geweet ek beplan om ’n boek te skryf en ek het hom twee dae voor dit gepublisee­r is, gebel en gereël dat hy ’n eksemplaar kry.

“Fred het nie na my toe teruggekom met enige klagtes nie, so ek neem aan hy is tevrede. Oor die foon het hy nogal opgewonde geklink.”

DIT is die vierde boek oor die onopgelost­e moord wat by talle mense spook sedert die beeldskone, briljante Matie se verminkte lyk op 16 Maart 2005 in haar Stellenbos­se woonstel gekry is. Antony Altbeker se Fruit of a Poisoned Tree (2010) was eerste, gevolg deur die amateur forensiese wetenskapl­ikes Thomas en Calvin Mollett se Bloody Lies (2014) en Bloody Lies Too (2015).

As jy Freddie Boy wil lees in die hoop om eindelik uit te vind watter boosaard 12 jaar gelede die enigste kind van Jan en catchy,”

 ?? Deur ALMARI WESSELS ??
Deur ALMARI WESSELS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa