Huisgenoot

BO: BarrBarry en advv. Dup de Bruyn (links) en Terry Price het lang nagte tussen bokse en bokse boks vol dokumente bloedgeswe­et om die jon jong aktuaris se onskuld te bewys.

-

HOOFFOTO: Barry Pienaar is een van die advokate wat Fred van der Vyver (INLAS LINKS) in die hof bygestaan het toe hy in 2007 teregstaan weens die moord op sy meisie, Inge Lotz (BO), toe ’n student aan die Universite­it Stellenbos­ch. Juanita Lotz van die gegoede Kaapse buurt Welgemoed vermoor het, sal jy teleurgest­eld wees. Barry noem wel in sy slothoofst­uk die name van mense wat al daarvan verdink is dat hulle moontlik betrokke kon gewees het.

Het Fred ooit aan die driemanska­p wat hom so knap verdedig het – Dup, Barry en adv. Terry Price – laat blyk hy het ’n idee wie die skuldige is? “Nee, hy het ’n eenvoudige filosofie gehad. Hy het geweet hoe dit voel om geoordeel te word en wou niemand anders oordeel nie.”

Vir Barry, ’n gesoute advokaat met meer as 32 jaar ondervindi­ng, was dit hartverske­urend om te sien watter emosionele uitwerking die saak op albei families het. “Dit was emosioneel baie erg, want jy voel vir die Lotze en jy voel vir die Van der Vyvers, maar jy sit in die middel van alles. Ek het baie met Jan gesels en hom vreeslik jammer gekry.

“Hulle en die Van der Vyvers het mekaar nou nie omhels nie, maar hulle was altyd baie beleefd en hoflik teenoor mekaar,” sê hy.

FRED se ma, Carien van der Vyver, het swaar gebuk gegaan onder die juk van ’n ma wat moes toekyk hoe haar kind homself teen ’n moordklag verdedig, maar pa Louis was rateltaai. Barry glimlag toe hy vertel hoe hulle Louis aanvanklik moesmo muilband om nie met die media te praatpra nie, want hy was so passievol oor sy seuns se onskuld dat hy dit wyd en syd wou uitbasuin.

HyH het nog nooit gesien dat ’n gesin tydens ’n krisis so laer trek soos die Van der Vyvers nie. Alfons, Fred se broer, het ’n welvarende lewe as geoktrooie­erde rekenmeest­er in Londen prysgegee om sy kleinboet te kom bystaan. Louis het sy sak geskud om forensiese kenners uit talle wêrelddele na Suid-Afrika te laat vlieg om te getuig.

Ondanks die steun van sy geliefdes was die aand voor die uitspraak senutergen­d vir Fred en sy hele kamp. Hulle was onrustig, want hulle het geglo regter Deon van Zyl se lyftaal en vrae kon ’n aanduiding wees dat die jong man agter tralies sou beland, met sy drome van ’n blink toekoms aan skerwe.

Die foto van Fred wat ten hemele staar nadat hy op 29 November 2007 vrygespree­k is van die moord op Inge, is in ons kollektiew­e bewussyn ingeëts. Wat doen ’n regspan ná so ’n oorwinning?

“Louis het in Seepunt ’n partytjie gehou en ons het die uitspraak gevier,” vertel Barry. Vir hom is Dup die held in die verhaal en hy wou juis die boek skryf om aan sy groot vriend hulde te bring.

“Ek wens net daar kon afsluiting vir die Lotze wees,” sê Barry. “Dit sal ook vir Fred iets beteken.”

Sy eis om vergoeding omdat hy beweer het hy is “kwaadwilli­g vervolg”, het eindelik in die hek geduik nadat die appèlhof en die konstitusi­onele hof beslis het die minister van polisie skuld die aktuaris niks. Tog, meen Barry, gaan dit deesdae goed met Fred.

“Ons het gedink sy loopbaan gaan onder die moordklag ly nadat hy aanvanklik Old Mutual se goue seun was, maar hy het bo dit uitgestyg. Hy is nou by sy kerk betrokke en het ’n goeie werk. Hy gaan maar aan met sy lewe en ignoreer alles; hy is ’n wonderlike mens.”

Barry hoop mense wat sy boek lees, sal net so oortuig wees van Fred se onskuld soos hy.

En nee, ook hy het geen benul wie die moordenaar is nie.

“Iets wat my pla, is die twee wapens: ’n stompe en ’n skerpe. In al die jare dat ek met moordsake gewerk het, het ek nog nooit gesien dat iemand twee wapens gebruik het nie. Miskien was dit twee mense?”

Dit en talle ander tergende vrae sal waarskynli­k onbeantwoo­rd bly. “Ek dink nie die saak gaan ooit opgelos word nie, want te veel bewyse is verlore en te veel tyd het al verbygegaa­n,” sê Barry. “Tensy iemand se gewete hom begin ry en hy ’n bekentenis maak, sal ons nooit weet wie Inge vermoor het nie”

En vir dié moordenaar blyk stilbly ook ’n antwoord te wees. Fred se ouers, Carien en Louis van der Vyver, het tydens die verhoor bankvas agter hul seun gestaan. Barry sê hy het nog nooit ’n familie so gesien saamstaan nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa