Huisgenoot

(Van vorige bladsy)

-

het aan Huisgenoot gesê ’n buitenspor­ige hoeveelhei­d eise het sedertdien ingestroom. Die plan is om die hofgeding in twee te verdeel. Die eerste klasaksie sal wees vir mense wat skade gely het omdat hul motors uitgebrand het; die tweede sal wees vir dié wat skade gely het omdat hul motors se waarde weens die omstandigh­ede afgeneem het.

“Ons moet nog bewys daar is ’n verband tussen die twee aksies; dat die optrede van Ford en die Ford Kuga wat aan die brand slaan, asook die manier waarop die maatskappy die situasie hanteer het, die waardeverm­indering veroorsaak het,” het Rod gesê.

Die saak is nog in sy beginstadi­um en hy raai eisers aan om hul klagtes by die nasionale verbruiker­s kommissie( N VK) in te dien. Die NVK sal vir elke geval ’n ondersoeke­r aanstel. Na gelang van die uitslag van elke ondersoek, beveel die NVK dan nog stappe aan.

Twee van die eisers in die saak het aan Huisgenoot vertel hoekom hulle dit doen. Mandisa Mantshinga (41), ’n verpleegst­er van KwaZulu-Natal, se motor het verlede maand aan die brand geslaan terwyl haar man dit bestuur het. Niemand is in die voorval beseer nie.

“In daardie stadium het ons nie geweet daar was reeds ander gevalle nie,” sê sy.

Mandisa het by die klasaksie betrokke geraak nadat sy gesien het ander mense kom met soortgelyk­e ervarings na vore. Haar ervaring met Ford agterna was na bewering aaklig.

Nog ’n slagoffer, Corné de Bruin, sê sy vertroue in Ford wankel nie, al het sy vrou se Kuga op Nuwejaarsd­ag vanjaar in ’n winkel se parkeerter­rein uitgebrand.

Sy ervaring was anders, vertel Corné. Die eienaar van die Ford-agentskap op Vryburg het die volgende dag vir hom ’n leenmotor gebring en verskoning gevra. Corné is aangesê om van sy versekerin­g te eis.

“Ek sal dit nie doen nie, want dit is nie my versekerin­g se fout nie. Boonop gaan ek baie geld verloor as ek eis.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa