Huisgenoot

10 G O E D KO O P EERSTE AFSPRAKE

Afsprake hoef jou nie van al jou sakgeld te beroof nie. Hier is prettige idees wat julle ook sal help om mekaar beter te leer ken.

-

1 Hou ’n speletjies­aand

Daar is soveel speletjies wat twee mense kan speel; hoekom beproef jy dit nie saam met iemand wat jy beter wil leer ken nie? Oorweeg Monopoly, Jenga, Scrabble en Pictionary. Jy sal sien hoe mededingen­d hulle is en dis ook ’n lekker kans om jou flikkers te gooi.

Kook saam 2

Pleks van uitgaan en geld blaas, gebruik bestanddel­e wat reeds by die huis is en maak iets. Tyd saam in die kombuis is ’n goeie manier om mekaar te leer ken.

3 Speel kegelbal

Dis iets wat jy kan doen ongeag hoe die weer lyk. En as jy ’n vrot speler is, kry die ou/meisie se ego ’n groot hupstoot.

4 Gaan stap

Durf saam ’n nuwe staproete aan. Pak eetgoed en koeldrank in en eindig jou staptog met ’n piekniek onder ’n boom.

Kry koffie 5

Dit klink dalk bra flou, maar dis ’n goeie manier om iemand te leer ken. As julle goed oor die weg kom, kan jy bly solank as wat jy wil. En as sake nie so lekker vlot nie, kan jy vertrek sodra jou koffie op is.

Spring op ’n fiets 6

Kies ’n mooi roete in die natuur en gaan ry daar fiets. Om iets aktiefs in die natuur te doen verlig die druk om ’n gesprek aan die gang te moet hou. Beplan jul roete sodat dit eindig by ’n plek waar julle middagete of roomys kan kry.

Buitelug-gim 7

Dis dalk nie vir almal nie, maar as jy hou van avontuurlu­stig en aktief wees, hoekom nie saam oefen nie? Gaan na ’n buitegim waar jy ’n blaaskans kan vat, op die gras kan ontspan en mekaar kan leer ken.

Wikkel daai sitvlak 8

As jy nie lus het vir gewone oefening nie, is dans dalk nommerpas vir jou. Begin met ’n beginnersk­las en hou by ’n dansstyl wat vir jou gemaklik is. Julle gaan waarskynli­k lekker lag vir mekaar se eerste pogings en dis ’n prettige manier om die ys te breek.

Gaan ysskaats 9

Gepraat van ys . . . Al is jy nie die beste ysskaatser nie, is dit beslis ’n wenner. Om saam-saam laf te wees, gaan julle meer van mekaar laat hou, en julle sal dalk hande moet vashou. Romanties!

Doen vrywillige werk 10

Dit kan die volmaakte geleenthei­d wees om te sien hoe liefdevol en sorgsaam die ander mens is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa