Huisgenoot

Plante en steggies

Die plante wat jy elke dag om jou sien, is nie net vir die mooiheid nie; dit hou ons aan die lewe

-

PLANTE is werklik ’n wonder. Kan jy jou ’n wêrel wêreld sonder bome, blomme, gra gras of enige ander soort plante indink? Ons het hulle nodig om te bly leef omdat hulle die suurstofsu­ursto verskaf waarsonder ons nie kan asemhaalas­em nie. Plante help die omgewing en died mensdom op baie verskillen­de man maniere.

SONDER PLANTE K KAN ONS NIE KLAARKO KLAARKOM NIE Plante voorsien kos.ko

Plante fotosintet­iseer. Dit beteken hul hulle kan die lig-energie van die son in kos om omskakel. Hulle is die enigste organismes wat dit kan doen. So verskaf hulle die kos wat diere eet. Selfs die vleis wat ons eet, kom indirek van plante omdat die diere waarvan ons die vleis eet – soos hoenders, beeste, visse en wild – van plante soos gras, koring, mielies en plankton leef.

Hulle vervaardig suurstof.

Wanneer plante fotosintet­iseer, omskep hulle die koolstofdi­oksied in die atmosfeer in suurstof. Lewende wesens het dié element nodig om asem te haal, en dit is die suurstof wat ons inasem wat ons liggaam lewend hou. Al die suurstof in die aarde se atmosfeer kom van plante af.

PlanteP bied ’n habitat vir diere.di

Plante is ’n woonplek, of ha habitat, vir duisende ander soorte organismes. Hulle bied diere s skuiling teen die elemente en r roofdiere en ook ’n plek om na k kos te soek. Op klein skaal help plante ook omo die temperatuu­r te reguleer deurd skadu en koelte te verskaf. WaarW hulle baie dig groei, soos in reënwoude, beïnvloed hulle die reënval oor groot dele van die aardopperv­lak deur die proses transpiras­ie, oftewel die vrystellin­g van vog in die atmosfeer.

Hulle help om grond te maak en te bewaar.

Die wortels van bome, plante en gras help om die grond in posisie te hou. Dit bewaar dit ook teen erosie (dat dit nie wegspoel nie). Plante help boonop om grond te maak.

Wanneer hulle doodgaan, beland die afgebreekt­e dele plant-materiaal weer in die grond, waar dit die voedingsto­wwe aanvul.

Plante verskaf nuttige produkte vir mense.

Plante is baie belangrike bronne vir produkte soos kos, medisyne en vesels vir klere. Hulle help ook voldoen aan ons energie behoeftes, soos wanneer ons hout brand vir hitte of om te braai. Baie ander brandstoww­e, soos steenkool, natuurlike gas en olie, kom van plante wat miljoene jare gelede geleef het.

Dit dien as versiering.

Nie net is plante nuttig nie; hulle is ook mooi. Wanneer mense huise en ander geboue oprig, gebruik hulle graag bome en ander plante om die omgewing te verfraai.

 ??  ?? Ons eie inheemse spekboom met sy vetplantag­tige blare spruit maklik uit ’n steggie.
Ons eie inheemse spekboom met sy vetplantag­tige blare spruit maklik uit ’n steggie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa