Huisgenoot

WAAROM ’N SUURSTOFMA­SJIEN?

- – Charlea Sieberhage­n en Pieter van Zyl

Met motor neuron siekte( M NS) is suurstof hulp later onvermydel­ik omdat pasiënte nie altyd so diep kan asemhaal nie, sê dr. Henry Kelbrick, Joost van der Westhuizen se huisdokter en familievri­end.

Die asemhalin gspiere is gewoonlik die laaste spiere wat deur MNS aangetas word. “Maar elke mens verskil; dus beteken dit nie Joost gaan noodwendig binnekort ’n ventilator nodig hê nie.”

Die suurstofma­sjien is geen ventilator nie, beklemtoon Henry. “Dit is glad nie ’n pyp wat jou help asemhaal nie; dit is net ’n lugtoevoer met meer suurstof daarin. Normale lug het net so 18 persent suurstof in en hierdie masjien kan jou 30 tot 40 persent suurstof gee. Die suurstofry­ke lug vloei deur ’n pyp voor Joost se neus. Hy haal nog heeltemal op sy eie asem. Die masjien is net ’n hulpmiddel vir tye dat hy voel hy wil ’n bietjie dieper asemhaal.”

Nie net die verswakte spiere in Joost se diafragma kan hom kort- asem maak nie; spanning en selfs weersomsta­ndighede kan ook ’n rol speel. “Dit is ongeloofli­k dat hy nou eers ’n bietjie suurstof nodig kry. Sommige mense (met MNS) sal heelwat vroeër reeds begin sukkel.”

Suurstofhu­lp kan ’n pasiënt se lewe help verleng, sê Henry. “Wanneer jy ’n tekort aan suurstof het, plaas dit baie druk op ander stelsels in jou liggaam,” verduideli­k hy.

Die suurstofma­sjien kan tussen 1 en 5 L gesuiwerde suurstof per minuut lewer, verduideli­k die vervaardig­ers daarvan in ’n digitale brosjure. Die masjien trek lug uit die vertrek en skei die suurstof en ander gasse van mekaar deur ’n lugbevogti­ger met water daarin. Die gesuiwerde lug kan deur neuspypies of ’n gesigsmask­er tot by die pasiënt vloei en word deur ’n knoppie beheer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa