Huisgenoot

SO HET DIE WÊRELD REAGEER DUITSLAND

-

“Ek dink ons moet ons voorberei op ’n uitdagende rit,” het Duitsland se visekansel­ier, Sigmar Gabriel, gesê. Duitsland en die res van Europa sal moet saamstaan om “hul belange te beskerm” en Trump se toespraak het ’n baie “nasionalis­tiese toon” gehad, het hy bygevoeg. Die bondskanse­lier, Angela Merkel, het blykbaar besluit om nie die geleenthei­d op TV te volg nie. Sy is gekiek waar sy tydens die inhuldigin­g ’n kunsgalery besoek het in Potsdam by die Duitse hoofstad, Berlyn. Sy het ook nie ’n woord oor die dag gerep nie, maar haar woordvoerd­er het gesê sy sal die situasie “met diep belangstel­ling” dophou.

RUSLAND

“Ons is gereed om ons kant te bring om die verhouding te verbeter,” het die Russiese eerste minister, Dmitri Medwedef, kort ná die inhuldigin­g op Facebook geskryf.

ENGELAND

Die eerste minister, Theresa May, het nie enigiets gesê nie, maar die opposisiel­eier, Jeremy Corbyn, het Trump aangemoedi­g om sy “vrouehaat en rassisme” te laat staan. Net die minister van buitelands­e sake, Boris Johnson, het Trump op Twitter gelukgewen­s.

CHINA

“Ons sal graag hande vat met Amerika se nuwe administra­sie sodat ons konfrontas­ie en konflik kan vermy en wedersydse respek en ’n wen-wen-vennootska­p kan kweek,” het Hua Chunying, ’n woordvoerd­er, gesê.

MEXIKO

Pres. Enrique Peña Nieto het Trump op Twitter gelukgewen­s, maar betogers in Mexiko het hom onder meer ’n rassis, fascis en xenofoob genoem. Die nuwe president het in sy inhuldigin­g s toespraak gedreig dat hy nie sal huiwer om sy land se grense te beskerm nie.

DIE VATIKAAN

Hy bid vir Trump, het pous Franciskus in ’n ope brief gesê. “Ek bid dat u besluite gelei sal word deur die ryk geestelike en etiese waardes wat die geskiedeni­s van die Amerikaans­e volk help vorm het,” skryf hy onder meer. Hy hoop ook Trump gee aandag aan die armes, uitgeworpe­nes en behoeftige­s. “Ek gee u my goeie wense en bid dat God u die wysheid en krag sal gee wat u nodig het in u hoë amp.”

ISRAEL EN PALESTINA

Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Trump gelukgewen­s en amptenare het gesê hulle hoop hy maak werk van sy belofte om die Amerikaans­e ambassade in Israel van Tel Aviv na Jerusalem te skuif. Palestyne is boos oor dié voorneme, want hulle beskou Jerusalem as ’n toekomstig­e hoofstad vir hulself. BRONNE: REUTERS.COM, THEGUARDIA­N.COM, DW.COM, EDITION.CNN.COM, FOXNEWS.COM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa