‘Dit gaan nie oor waar jy is nie; dit gaan oor hoe jy na die wêreld kyk’
Die plaas waarvan Jurie praat, is ’n kleinhoewe van 7,8 ha wat hulle 18 maande gelede gekoop het. Dis naby Puhoi, sowat 15 minute se ry van hul huis af. Hulle verhuur die vyf slaapkamer-houthuis daarop aan Engelssprekende Suid- Afrikaners. Daar is 22 skape, 18 henne en twee mak boerbokke op die kleinhoewe.kle “Ek bring elke week een dag daarda deur, want dis waar ek vrede vind en stil raak. Wanneer ek en daardie stoutest boerbokke, Nibbles en Luigi, die steilst bult uitgeklim het, sien ek net berge, valleieva en plantasies om my, nie ’n enkele gebouge of mens nie.”
DIE huis waarin Jurie, Hestrie en hul twee kinders, Chrizette ( 10) en Jason ( 8), woon, het hulle in 2012 laat bou. “Vandag is die Mexikaanse elsbome wat ons in die agterplaas geplant het so groot dat ons onnie kan g loon sis nog skaars vier jaar hierhie nie,” sê Jurie.
NetN soos dié bome het hulle in hul nuwenu vaderland wortelgeskiet. Hestrie houho die afgelope vier jaar skool by die ChristelikeCh Kingsway-kleuterskool en rig af en toe by ’n plaaslike hoërskool hoogspring af.
Die selfdissipline van haar hoogspringdae het haar haar voete in Nieu-Seeland help vind, sê sy. “Dit gaan nie oor waar jy in die wêreld is nie; dit gaan oor hoe jy daarna kyk, hoe en saam met wie jy uitdagings aanpak.”
Sy oefen minstens vyf keer per week in die gim. “Oefen is deel van my lewe en my hartklop.” Tog is sy nie vasgevang in haar verlede as hoogspring kampioen nie. Sy het op die Olimpiese Spele in 2000 en 2004 silwermedaljes vir hoogspring ontvang, was twee keer ná mekaar wêreldkampioene nis in 2003 as wêreldvroue atleet van die jaar aangewys .“Ek kyk nooit na beeldmateriaal van my spronge nie,” vertel sy.
Hestrie het wel verlede jaar die Olimpiese Spele op televisie gevolg. “Elke keer dat hulle hoogspring gewys het, het ek (om die atlete se onthalwe) so ’n hol kol op my maag gekry van die spanning. Daar is dae dat ek dink ek moet aan die Meesters gaan deelneem, maar dan sê iets vir my ek het die hoogste vlak bereik wat ek kon in my loopbaan en ek moet daarmee tevrede wees. My 2,06 m was my beste en ek het my alles gegee. Ek volstaan daarmee.”
Terwyl Jurie in Suid-Afrika as sanger bekend geword het, vertel hy hy is deesdae “een van die besigste en suksesvolste platehandelaars in Nieu-Seeland”. Dit is alles danksy die groot versameling outydse langspeelplate wat hy uit SuidAfrika saamgeneem het. “Baie mense het gedink dis ’n gek idee en het my aangeraai om daarvan ontslae te raak. Vandag is ek baie dankbaar oor daardie besluit, want met die herlewing van viniel die laaste jare het ek van my pop- en rockplate begin verkoop.”
Hy koop en verkoop voltyds plate. “Ek reël elke jaar ’n hele paar groot plateskoue, waar honderde versamelaars en kopers bymekaarkom.” Af en toe sing hy van sy Afrikaanse treffers, soos op die Kaïro- tot- Kaapstad- fees, ’ n Afrika-musiekfees en kunsvlytmark in Browns Bay, waar die meeste Suid-Afrikaners woon. Daar tree hy elke jaar voor ’n groot gehoor met mense van verskillende nasionaliteite op.
“Ek het die lojaalste ondersteuners. Dit is al 22 jaar dat my aanhangers my en my musiek steun. Hulle koop en luister tot vandag nog my musiek en vra dit op radio versoekprogramme aan. Ek het myself beloof eks aleer s rus wanneer elke Jurie Els-CD verkoop is wat nog in die musiekmaats kappy se pakhuis in Suid-Afrika is.”
In Suid-Afrika het hy landwyd buite supermarkte promosies gehou, musiek