Huisgenoot

ANGS OORWIN OM TE SKITTER

Sy blink uit in al wat fliek is en ryg die pryse in, maar daar was ’n tyd dat paniekaanv­alle haar in die huis vasgevang gehou het

- Saamgestel NICI DE WET

SY IS die silwerdoek liefling van die oomblik. Haar nuwe fliek is op almal se lippe en die pryse stroom in vir die talentvoll­e rooikop wat met soveel gemak kan sing, dans en toneelspee­l. Op net 28 is Emma Stone een van die blinkste jong sterre in Hollywood. Sy het reeds ’n Golden Globe en ’n Akt eursgild eprys losgeslaan en dié lieflike ster van La La Land kan maklik vanjaar ’n Oscar huis toe neem.

Tog het ’n verlammend­e gevoel van angstighei­d haar eintlik in die glinsterst­ad laat beland. Emma het onlangs vir die eerste keer vertel dat sy aan ’n angssteuri­ng ly en steeds daarteen moet veg.

Kleintyd het sy paniekaanv­alle gekry, het sy aan die tydskrif Rolling Stone gesê. “Toe ek so sewe was, het ek vas geglo die huis brand af. Ek kon dit aanvoel; dit was nie ’n hallusinas­ie nie. My bors het styfgetrek en dit het gevoel ek kon nie asemhaal nie, asof die wêreld eindig.

“Ek was heeltyd angstig. Op ’n kol kon ek nie meer na maats se huis gaan nie; ek kon skaars by die deur uit om skool toe te gaan.”

Haar bekommerde ouers het haar terapie laat kry en dit het haar met haar vrese help saamleef. Sy het ook maniere geleer waarop sy dit kon verwerk. “Ek’t ’n boek, I Am Bigger than My Anxiety, geskryf en het dit nou nog,” vertel sy. “Ek’t ’n groen monster op my skouer geteken wat goed in my oor sê wat onwaar is.”

Op die ou end sou toneelspee­l tot haar redding kom.

SY HET by ’n jeugteater­groep aangesluit en floreer, veral met improvisas­ie en komiese sketse. “Met improvisas­ie moet jy ‘teenwoordi­g’ wees en dit werk angstighei­d teen,” verduideli­k Emma. Jy moet in die oomblik bly, pleks dat jy jou katastrofe­s en ’n chaos voorstel. Sy het op 14 ’n “ingewing” gekry toe sy by die skool ’n PowerPoint-voorleggin­g genaamd Project Hollywood moes doen. Sy het sommer geweet sy moet Los Angeles toe gaan om haar droom van ’n

akteursloo­pbaan daar na te jaag.

Tot haar verbasing het haar ouers – pa Jeff, uitvoerend­e hoof van ’n boufirma, en ma, Krista, ’n tuisteskep­per – ingestem dat sy haar hoërskool in Scottsdale, Arizona, verlaat en Hollywood toe gaan. Hulle het besef toneelspee­l “laat my vervuld en gelukkig voel”, vertel Emma.

Tog meen sy vandag hulle was “die kluts kwyt” om in te stem dat sy die skool voortydig verlaat. “Dis nie vir almal nie. Ek praat dit nie goed nie. Almal behoort hoërskool klaar te maak en hul sertifikaa­t te kry.”

In Hollywood het kitsroem geensins op haar gewag nie. Tussen oudisies deur het sy tuisonderr­ig gekry. Eers in 2007 op 19 het sy ’n deurbraak gemaak toe sy in die komedie Superbad die skoolmaat van Jonah Hill se karakter speel.

Al het die rolle daarna ingestroom, het angstighei­d haar weer beetgepak, vertel sy. “Hollywood se energie het my begin oorweldig. Ek sou na plekke gaan en al waaroor almal kon praat, was die vermaakbed­ryf. Dit het gevoel asof dit my te veel omring.”

In 2009 het Emma (toe 20) besluit om New York toe te trek, want die lewe in Los Angeles het vir haar te stresvol geraak. “Om my anonimitei­t ná Easy A (die tienerkome­die waarin sy ’n hoofrol vertolk het) te verloor, was soos om weer van voor af sewe jaar oud te wees. Dit het my vreesbevan­ge gemaak.”

Sy erken sy het ’n taamlike “ineenstort­ing” gehad terwyl sy in 2014 aan Birdman gewerk het. Daarin vertolk sy die rebelse dogter van ’n afgeleefde akteur, gespeel deur Michael Keaton.

“Dit was soos om op ’n spandraad te loop – die tempo en tydsbereke­ning van die fliek. Ek het nogal kop verloor; ek het net breekpunt bereik.”

Nie dat dit haar vertolking belemmer het nie; intendeel, Emma se spel daarin het haar ’n Oscar-benoeming vir beste vroulike byspeler besorg.

Groot name in Hollywood, soos die veteraan regisseur Woody Allen, het haar al lof toegeswaai. Sy het al in twee van sy flieks gespeel: Magic in the Moonlight en Irration Man.

“Emma kan alles doen,” sê Woody. “Sy is beeldskoon en intelligen­t en kan jou verstom. Sy is regtig die hele pakket – en almal dink sy is net te oulik.”

Sy het inderdaad al bewys hoe veelsydig sy is en in alles van dramas (The Help) en romantiese komedies (Crazy, Stupid, Love) tot super held lokettreff­ers (The Ama zing S pi der-Man) en swartkome diedramas (Birdman) gespeel.

Noudat sy op die kruin van die suksesgolf ry, het sy haar angstighei­d beter onder beheer. Tog dreig die gevaar van ’n paniekaanv­al “altyd op die agtergrond”, sê sy. “Voor enige onderhoud moet ek vyf minute lank sit en asemhaal en kalm word omdat ek so senuagtig raak.

“Onderhoude is amper soos terapie, behalwe dat al jou antwoorde neergeskry­f en gepublisee­r word. Ek wil altyd aan die ander kant daarvan wees. Ek wil nie vir miljoene uitgepluis word nie. Ek sou liewer die uitpluiser­y wou doen.”

IEMAND wat baie goed verstaan wat sy deurmaak, is haar goeie vriendin Jennifer Lawrence (26). As tiener het ook dié aktrise met angstighei­d geworstel. Anders as Emma het Jennifer nie juis baat gevind by terapie nie, maar toe bied toneelspee­l haar ’n uitkoms. “Nadat my ma my op die verhoog gesien het, het sy gesê sy het gesien hoe ek begin verander,” vertel Jennifer. “Sy het my vrese sien verdwyn.”

Nes Emma, sê Jennifer toneelspel het haar “gelukkig laat voel omdat ek bekwaam was, terwyl ek voorheen soos ’n nikswerd gevoel het”.

Die twee het mekaar deur Woody Harrelson ontmoet. Dié akteur, wat al met albei vroue saamgewerk het, het gedink hulle sal goed oor die weg kom. Toe gee hy Emma Jennifer se nommer.

“Sy het my ’n teksboodsk­ap gestuur en gesê sy het my nommer by Woody gekry. Ek het geantwoord: ‘F**!’ ” het Jennifer aan die tydskrif Vanity Fair vertel. “Van toe af is ons baie goeie vriendinne.”

Hulle is verlede jaar saam gekiek by ’n konsert van die Britse sangeres Adele, waar Emma vir Jennifer bygestaan het toe dié te veel drink en naar word. “Sy het net my rug begin vryf. Sy was regtig dierbaar. En ek het gesê: ‘Gee pad hier. Dis so aaklig,’ ” vertel Jennifer van die petalje.

Hulle besef dis onvermydel­ik dat hulle soms om rolle of selfs eerbewyse sal meeding, maar het geleer om dit te aanvaar.

“Ons is regtig lief vir mekaar en gee om vir mekaar as mens,” sê Emma. “Ek steun JenniferJe volkome wat werk betref en kan voelv sy doen dieselfde. Ek weet ons sou vriendinne­v gewees het, selfs al het ons nien dieselfde werk gedoen nie.”

Jennifer het haar vriendin se werk in LaL La Land geloof, nes Emma se eks AndrewA Garfield (33). Sy en die akteur isi in 2015 ná ’ n verhouding van vier jaarj uitmekaar, maar is nog geheg aan mekaar.m Andrew het haar by die oorhandigi­ngh van die Golden Globes staanded toegejuig.

“Haar werk en hoe sy haar lewe benader,n inspireer my voortduren­d. Dis vir mym heerlik om haar te sien sukses behaal ene te sien ontluik in die aktrise wat sy noun is,” sê Andrew.

En dis een wat nie net skitterend kan sing,si dans en toneelspee­l nie, maar ook haarh innerlike duiwels leer tem het. S

 ??  ?? HOOFFOTO: Emma Stone, veelsy-veelsydig en suksesvol. BO:O SSaam met Ryan Gosling in die bekroonde La La Land. ONDER: Met haar Golden Globe vir beste aktrise.
HOOFFOTO: Emma Stone, veelsy-veelsydig en suksesvol. BO:O SSaam met Ryan Gosling in die bekroonde La La Land. ONDER: Met haar Golden Globe vir beste aktrise.
 ??  ?? H
H
 ??  ??
 ??  ?? Emma (links) en haar hegte vriendin Jennifer Lawrence, twee van Hollywood se mees gesogte jong aktrises, het albei te kampe met angstighei­d.
Emma (links) en haar hegte vriendin Jennifer Lawrence, twee van Hollywood se mees gesogte jong aktrises, het albei te kampe met angstighei­d.
 ??  ?? Die Britse akteur Andrew Garfififie­ld Garfield, Emma se eks, het in 2012 teenoor haar gespeel in The Amzing Spider-Man.
Die Britse akteur Andrew Garfififie­ld Garfield, Emma se eks, het in 2012 teenoor haar gespeel in The Amzing Spider-Man.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa