Huisgenoot

IMMERGROEN TEENOOR BLADWISSEL­END

Die meeste bome kan in twee groepe verdeel word: dié wat hul blare in die herfs begin verloor en in die winter rustend word, en dié met blare wat heeljaar groen bly

- KAAPSE SAFFRAAN Cassine peragua

WAT IS IMMERGROEN BOME?

Hierdie soort boom het heeljaar blare en is altyd groen. Ouer blare val deur die loop van die jaar af om deur nuwes vervang te word. Immergroen bome word in ’n verskeiden­heid klimate aangetref: Palmbome groei in tropiese reënwoude, terwyl naaldbome (bome wat keëls dra) gewoonlik in kouer klimate voorkom. Die vorm van hul blare verskil ook van waaiervorm­ige palmbome tot die naalde van’n denneboom.

WASBEDEKKI­NG

Immergroen bome behou deur die winter hul blare, want hul loof is met was bedek wat hulle teen koue help beskerm. Die blare van talle immergroen bome bevat hars met teenvriese­ienskappe. Dit voorkom dat hulle vries, selfs wanneer hulle met sneeu bedek is. In reënwoude is sulke maatreëls nie nodig nie, want daar is nooit sneeu of droogte nie.

WAT IS BLADWISSEL­ENDE BOME?

Dié soort bome verloor seisoenaal al hul blare. In gematigde en poolklimat­e verloor die bome hul blare in die winter, terwyl dit in tropiese, subtropies­e en dorre streke gewoonlik in die droë seisoen gebeur. Die meeste bladwissel­ende bome het breë, plat blare wat baie lig opvang en baie water vereis.

GROEI EN UITSPRUIT

Die lente is ’n besige tyd vir bome. Bladwissel­ende bome spruit weer blare uit, terwyl immergroen bome nuwe groei skep.

BLARE

Op plekke waar die dae in die herfs en winter korter raak, moet bome in die lente en somer soveel moontlik sonenergie versamel sodat hulle kan oorleef wanneer sonlig beperk is; daarom het hulle breë blare. In koue klimate het immergroen bome gewoonlik smaller blare, wat dit meer water- en windbestan­d maak.

HOE EN HOEKOM BLARE AFVAL

 ?? GROEI VAN BLARE ?? Verloor blaar Nuwe groei
GROEI VAN BLARE Verloor blaar Nuwe groei
 ?? WITSTINKHO­UT Celtis africana ?? Koolstofdi­oksied gaan die blaar binne. bla e Water kom van die stam af. Kos word na ander boomdele gestuur. Breek af. Bladwissel­end Blare versamel sonlig vir fotosintes­e. Met koolstofdi­oksied en water vervaardig hulle glukose (kos) en suurstof. 1...
WITSTINKHO­UT Celtis africana Koolstofdi­oksied gaan die blaar binne. bla e Water kom van die stam af. Kos word na ander boomdele gestuur. Breek af. Bladwissel­end Blare versamel sonlig vir fotosintes­e. Met koolstofdi­oksied en water vervaardig hulle glukose (kos) en suurstof. 1...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa