WAARHEEN NOU, SUID- SUID-AFRIKA?
Die goed, ggo die sleg, die p pad vorentoe
ONS het 23 jaar gelede geskiedenis gemaak toe inwoners die oggend van 27 April opstaan om in Suid- Afrika se heel eerste demokratiese verkiesing te gaan stem. Wie kan die emosiebelaaide foto’s vergeet van duisende landgenote wat geduldig en trots in die son staan en wag op hul beurt om ’n kruisie te trek? En natuurlik met Nelson Mandela wat glimlaggend die voortou neem. Hy sou eindelik president word.
Maar deur die jare het dié optimisme vir die nuwe Suid-Afrika gekwyn. Meer onlangs was dit weens ’ n kabinetskommeling wat die rand geruk het, ’n rits afgraderings wat ons ekonomie op die rommelhoop laat beland het en ’n regerende party wat deur die een magskrisis ná die ander geteister word.
In dié uitgawe, Huisgenoot van 27 April 2017, wat saam met ons land se Vryheidsdagvierings val, vertel kenners Suid-Afrika het die afgelope 23 jaar darem nie net teleurstellings gehad nie, maar dat daar inderdaad nog hope harde werk voorlê.
Wat het ons reg ge
doen? “Ons kan baie dankbaard kb wees oor die suksesse wat daar wel is, al is ons teleurgesteld oor die verspeelde geleenthede,” sê Frans. “As jy terugkyk na die 1980’s, toe ons land vier jaar in ’n resessie was, negatiewe groei getoon het en Suid-Afrika in wese 20 persent armer was, is dit duidelik.”
Daarby is diensplig, wat jong mans aan oorlog bekendgestel het, ook nou iets van die verlede.
Waar lê die krisisse? “As ons ’n ekonomiese groeikoers van sowat 6 tot 7 persent gehandhaaf het, sou Suid-Afrika ’n stabiele middelinkomsteland kon wees,” meen hy.
Werkloosheid, wat nou op sowat 27 persent landwyd is, sou volgens hom dan onder 10 persent gewees het. “Meer swart burgers sou ook dan al die middelklas kon betree het.
“Uit ’n ekonomiese, maatskaplike en beleidsoogpunt was al hierdie dinge moontlik,” beklemtoon Frans.
Waarheen nou, Suid- Afrika? “Die mediumtermynvoorspelling is dat die volgende ruk polities en ekonomies moeilik gaan wees in Suid-Afrika.” Daarna kan dinge verbeter, mits ons die nodige beleidshervormings toepas.
Suid-Afrika moet weer ’n mededingende ontwikkelende land word. “As ons dit kan doen, is daar geen rede waarom ons nie teen die middel 2020’s ’n ekonomiese