Huisgenoot

DIE BEGRAFNISK­OMITEE – EN ’N FAMILIETWI­S

-

’n Begrafnisk­omitee is saamgestel met verteenwoo­rdigers van die koningsges­in, die staat, polisie en Diana se familie. Uit die staanspoor het die gevoelens hoog geloop, onthou Anji Hunter, die destydse premier, Tony Blair, se hoof van regeringsb­etrekkings.

Diana se jonger broer, graaf Charles Spencer, wat verbitter was oor hoe die koninklike­s Diana ná haar egskeiding oor die hoof gesien het, wou alleen agter haar kis stap, maar Charles het daarop aangedring om saam te stap. Die res van die komitee het gevoel William en Harry moet daar wees. William het eers geweier.

Vyf dae voor die begrafnis het die komitee ’n telekonfer­ensie met Balmoral deur ’n groot luidspreke­rboks gehou in die hoop dat die jong prins oorreed kon word om van plan te verander. “Dit laat my ril wanneer ek daaraan dink,” sê Anji. “Ons het almal gepraat oor hoe William en Harry betrokke behoort te wees; skielik kom prins Philip (hul oupa) se stem uit die boks. Hy was regtig ontsteld: ‘Dit gaan oor die seuns!’ het hy uitgeroep. ‘Hulle het hul ma verloor.’ Ek het gedink: My vader, daar bo kry hulle wel swaar!” (Prins Philip het William en Harry van plan laat verander toe hy vir hulle sê hulle sal dalk later spyt wees as hulle nie deur die strate agter hul ma se kis aanstap nie.) Die amptenare wat die begrafnisr­eëlings moes tref, was eers bekommerd oor te min rouklaers om die Westminste­r-abdy vol te maak, maar hulle het hulle misgis. “Daar was geen handleidin­g om te volg nie, geen presedent nie, geen tradisie nie,” sê Patrick Jephson, Diana se privaat sekretaris. Die kerk se 2 000 sitplekke is maklik gevul, maar die draers het gesukkel om Diana se swaar kis te dra wat met lood uitgevoer was. “Ons het skoene met metaalklin­knaels gedra en die abdy se marmervloe­r was soos ’n ysskaatsba­an,” sê Philip Bartlett, lid van die Walliese Wag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa