DIE KWAAI GESIG
Trump is bekend vir sy plofbaarheid en woedeuitbarstings. Wanneer hy behoorlik die hoenders in is, is sy oë gewoonlik op skrefies getrek, sy wenkbroue geplooi, sy mond oop en sy onderkaak gespanne. Dit is nog een van sy maniere om oorheersend te lyk.