Huisgenoot

Lag ’n Slag

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Lag ’n Slag, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningn

-

SENUWRAK

V: Wat is die verskil tussen stres, spanning en paniek?

A: Stres is wanneer jou vrou verwag. Spanning is wanneer jou skelmpie verwag. Paniek is wanneer hulle albei verwag. DM MURPHY

BENOUDE OOMBLIK

Op ’n uithangtro­ue lees die predikant die deel in die formulier voor waarin gevra word dat enigeen wat teen die huwelik gekant is, beswaar moet maak of vir ewig swyg.

Toe staan ’n mooi, elegante vrou in die heel agterste ry van die kerk met ’n baba in haar arms op en stap vorentoe. Meteens is die hele kerk grafstil. Alle oë is gerig op die vrou wat met die geklik-klak van haar hoëhakskoe­ne in die paadjie afstap kansel toe.

Die bruid gee haar een kyk en klap toe die bruidegom dat die geluid deur die stil kerk weergalm. Die bruid se ma val flou neer. Die strooijonk­er staar sy vriend met afgryse aan. Die bruid se pa gluur die bruidegom se familie hatig aan.

Die predikant vra met ’n droë keel: “W-wwat is u b-beswaar, dame?”

Sy antwoord: “Ek wil net kom sê ons kan niks daar agter hoor nie!” DESERISE VILJOEN

GOEIE RAAD

Bedelaar: “Ek is eintlik ’n skrywer; ek het ’n boek geskryf met die titel Honderd Maniere om Geld te Maak.” Koos: “Nou waarom bedel jy dan?”

Bedelaar: “Want dis een manier.” LEON KRUGER

IDEALE MAN

Die blondine bring vir die eerste keer haar nuwe kêrel huis toe.

Haar ma bekyk die ventjie met sy olierige hare, agt oorbelle, vyf ringe, ’n neusring en ’n verslete leerbaadji­e. Toe vra sy: “Is hy ’n goeie seun, my kind?”

“Ja, Ma,” sê haar blonde dogter dadelik. “As hy nie was nie, sou hy nie 1 000 uur gemeenskap­sdiens gedoen het nie.” L. SAAYMAN, SABIE

RAAR MAAR WAAR

Harde werk word in die toekoms beloon. Luiheid word nou beloon. DM MURPHY

VOLLE NAAM

Al ooit gewonder waarom ouers ’n kind ’n tweede naam gee? Dis sodat die kind kan weet wanneer hy regtig in die moeilikhei­d is! LOUISE NOETH

GENOEG GEHOOR

“Het jou nuwe bababoetie al leer praat?” vra ’n besoeker vriendelik.

“Ja, ons leer hom nou om stil te bly,” antwoord die ouboet ergerlik. LEON KRUGER

G’N TROOS

Nadat hulle op ’n vriend se begrafnis was, sê Piet vir Jan: “Ek kan nie verstaan waarom die weduwee so hartverske­urend gehuil het nie, want sy en oorlede Koos het soos kat en hond baklei.”

“Ja,” sê Jan, “maar ek dink dis omdat die predikant so roerend gepreek het oor hoe hulle twee in die hiernamaal­s herenig sal word.” FH HORNE, HARTENBOS

MISVERSTAN­D

Die blondine kry ’n warmwatert­oestel wat met sonkrag werk. Twaalf maande later kry sy ’n oproep van die man wat dit geïnstalle­er het. Hy wil weet hoekom sy hom nog nie daarvoor betaal het nie.

“Moet my nou nie probeer verneuk nie,” sê die blondine kwaai. “Die verkoopsma­n het gesê die ding sal binne ’n jaar vir homself betaal.” LOUISE NOETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa