Sit so geld weg vir jou kind se studie
Hier is maniere waarop jy geld kan wegsit om eendag genoeg te hê dat jou kinders kan gaan studeer
OPVOEDING is die beste geskenk wat jy jou kinders kan gee, maar sal jy dit kan bekostig om hulle eendag te laat studeer? Net om elke dag kos op die tafel te sit is reeds vir baie Suid-Afrikaanse ouers ’n uitdaging. Tersiêre onderrig is een van hul ander grootste finansiële kwellings.
As ’n mens kyk na die skerp styging in onderriginflasie, is dit ook g’n wonder nie: Die verwagte 9,5 persent net vir 2017 is beduidend hoër as die geskatte al gemene inflasiekoers van digby 6 persent vir vanjaar.
Dit beteken ouers wie se kind vanjaar in gr. R is, kan verwag om eindelik tussen ongeveer R1,33 miljoen en R3,01 miljoen vir hul spruit se opvoeding op te dok, volgens die jongste oorsig deur die Old Mutual-spaaren- belegginsmonitor. Die twee beramings is vir onderskeidelik openbare en privaat onderrig en sluit 12 jaar op skool en ’n universiteitskwalifikasie van drie jaar in.
As jou kind universiteit toe wil gaan, kan dit jou vir net een jaar gemiddeld R54 000 kos in 2017, R85 000 teen 2022, R176 000 teen 2030 en R253 000 teen 2035.
Dié vooruitsig het deurgaans jaarlikse inflasie van 9,5 persent gebruik, en dit kan selfs styg. Nogtans spaar 54 persent van stedelike SuidAfrikaanse ouers steeds nie doelgerig vir hul kinders se opvoeding nie.
BEGIN VROEG EN PLUK DIE VRUGTE
Die ideaal is dat jy al met jou kinders se geboorte vir hul tersiêre onderrig begin spaar, sê Nico Swart, Unisa-lektor en skrywer van die trefferboek Personal Financial Management. Saamgestelde rente (rente op rente) “is die belangrikste beleggingsbeginsel; alles gaan oor die tyd wat jou geld in die beleggingsmark deurbring”, is sy raad.
Trouens, as jy ’n gesin beplan, kan jy al aan ’n opvoedingsfonds begin bou nog voor jou kinders verwek is, sê Warren Ingram, bekroonde batebestuurder en skrywer van Become Your Own Financial Advisor.
Ouers moet vroeg begin kyk na maniere van spaar wat inflasie kan klop, sê John Manyike, Old Mutual se hoof van finansiële opvoeding. “Jy kan ’n finansiële adviseur vra om jou te help.” As jy dit kan bekostig, kan jy “so R1 000 maandeliks per kind begin wegsit en dit vir inflasie aanpas met 10 persent jaarliks vir 18 jaar”, sê Nico. “Danksy saamgestelde kapitaalgroei kan dit oor 18
ononderbroke jare ’n baie groot bedrag word.”
VAN JOU OPSIES
Effektetrusts: Die meeste kenners beskou dit as een van die beste maniere om vir tersiêre onderrig te spaar.
“Effektetrusts is buigsaam en deursigtig en jy het toegang tot jou geld,” sê Thomas Stringfellow, direkteur van Stringfellow Investment Specialists. Alle effektetrusts presteer nie ewewe goed nie; “jy moet t jou huiswerk doen”. n”.
Jillian Ho- ward, skrywer van The Best Pocket Guide Ever for Family Finances, sê opbrengste opp effektetrusts is op lang termynmyn beslis hoër as op spaarrekenings en gewoonliklik ook beter as opvoedingspolisse.
Met effektetrusts is die risiko ook laer as wanneer jy self regstreeks in aandele belê, volgens Will Keevy, finansiële beplanningshoof by Insurance Busters.
Nog ’ n voordeel is dat jy bydraes kan vermeerder en verminder en enkel bedrae byvoeg – sonder strafheffings, sê Lisette Lombard van Old Mutual.
’n Nadeel kan wees dat jy in swaar tye waarskynlik makliker van jou effektetrustgeld kan onttrek. Effektetrusts kan ook aan belasting onderworpe wees, tensy dit deel vorm van ’n belastingvrye spaarrekening-belegging. ’n Beduidende deel van jou rente (wins) word wel van belasting vrygestel.
Fundisa: As jy dit nie breed het nie, maar steeds vir tersiêre onderrig wil spaar, is dié beleggingsinstrument ’n goeie alternatief, sê Warren. Dit is ’n spanpoging tussen die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (Asisa), die regering en verskeie finansiële instellings.
Die minimum maandelikse bydrae is net R40, en Fundisa word in ’n mate gesubsidieer deurdat ’n bedrag van 25 persent van wat jy jaarliks wegsit by jou spaargeld gevoeg word. Dié “bonus” word wel tot R600 jaarliks beperk. Trevor Chandler, Asisa- beleidsadviseur, verduidelik die fonds is bedoel vir huisho huishoudings wat R18 R180 000 of mi minder jaarlik liks verdien. M Maar niks k keer mense m met ’n hoër i inkomst e o om geld na namens die kin kinders van laerin laerinkomstegesinne te belê nie. F Fundisadi komk neer op ’n effektetrustfonds wat ’n laer risiko het.
Polisse: As jy dalk nie die versoeking kan weerstaan om “tydelik” van die geld te gebruik wat jy vir jou spruite spaar nie, kan jy polisse oorweeg. ’n Polis se beleggingstydperk word vasgestel, byvoorbeeld vyf (gewoonlik die minimum periode) tot 15 jaar. Warren sê opvoedingsplanne en -polisse is basies uitkeerpolisse.
Volgens Jillian skrik die hoë administrasiekoste van hierdie produkte mense af. Dit sluit ook soms versekering in om te waarborg dat daar steeds vir jou kind se opvoeding voorsien word ingeval jy sou sterf.
Uitkeerpolisse dwing jou basies om te spaar, verduidelik Will. Dit vereis gereelde deposito’s oor ’n vasgestelde tydperk. Soms kan jy jou geld voor die einde van die beleggingstydperk onttrek, maar dan is daar strafheffings.