Huisgenoot

Makhaya Ntini se seun maak opgang

Makhaya se seun is ’n veelsydige ster wat pas vir die SA o.19-span gekies is

- Deur APHIWE BOYCE

DIS geen maklike taak om in die stewelspor­e van een van Suid-Afrika se beste snelbouler­s te volg nie. En as hy boonop jou pa is, voel jy die druk nog meer. Vra Thando Ntini, seun van die voormalige Proteaspel­er Makhaya Ntini. Ja, hy voel daardie druk op sy skouers elke keer dat hy op die krieketvel­d stap. “Ntini is ook my van, en ek kan dit nie verander nie,” sê Thando (16) saaklik. “Die belangriks­te is dat dit nie my spel beïnvloed nie.”

En tot dusver kry hy dit baie goed reg. Thando is pas gekies vir Suid-Afrika se o.19-krieketspa­n wat volgende maand in ’n eendagreek­s teen die Wes-Indiese Eilande in Durban en Pietermari­tzburg speel. As jy as atleet sukses wil behaal, vertel Thando, moet jy sommige tienerding­e prysgee, soos afsprake. “Dis nie om omdat meisies sleg is of enigiets nie; ek m moet my prioriteit­e versigtig kies,” sê hy.

Sy pa sê breëbors: “Ek wil hê hy moet ho homself op die skouer klop oor wat hy op sy ouderdom bereik het.”

Makhaya, wat in 2011 as speler uitge getree het ná onder meer 11 jaar as Prote tea en nou Zimbabwe se nasionale kriek ketspan afrig, se skadu het tog oor sy s seun geval. “Toe ek vir Suid-Afrika se o. o.17-span gekies word, het mense gesê di dis oor my van,” sê Thando. “Dit was m moeilik, maar ek het geleer om nie b behep te raak daarmee om mense ve verkeerd te bewys nie; ek lewer net my no normale spel.”

Makhaya het in 1998 die Proteas se eerste swart speler geword en in sy internasio­nale loopbaan 390 toetspaalt­jies gevat. Thando, ’n kosganger aan die Hoër Seunskool Wynberg in Kaapstad se boomryke suidelike voorstede, het duidelik sy pa se talent. As kolwer het hy reeds agt honderdtal­le en “tallose 50’s” behaal. Sy beste boulsyfers is 4/36.

Dié linkerhand­kolwer skoei sy spel op die veelsydige Jacques Kallis s’n, maar leer ook by sy pa. “Ons verhouding was nog altyd baie sterk; hy het my baie krieketwen­ke gegee,” sê Thando.

Hy is die enigste lid van die SuidAfrika­anse o.19-span uit die Wes-Kaap. Sy droom is om vir die Cape Cobras en eindelik die Proteas te speel.

Dié droom is binne sy bereik, vertel Siya Sibiya, tydelike hoofafrigt­er van die Westelike Provinsie-akademie. “Thando is ’n fenomenale mens met sterk werketiek,” sê hy. “Hy is ’n toekomstig­e speler vir die nasionale span. In hom sien ek die volgende Wayne Parnell.”

Sy loopbaan het as kleuter in hotelgange begin, vertel Thando. “My pa het ons altyd saamgeneem op sy buitelands­e toere en ons het krieket gespeel in die gange van die hotelle waarin ons gebly het. My pa het altyd gesê ek is ’n toekomstig­e ster.”

Hy het dit geniet om saam met sy pa te reis – Singapoer en Maleisië is sy gunsteling­plekke – en is dol oor die krieketvel­d Lord’s in Engeland, waar Makhaya in 2003 die eerste Suid-Afrikaner was wat daar 10 paaltjies in ’n toetswedst­ryd kon laat kantel.

“Ek was nie destyds daar nie, maar toe ons die veld jare later saam met my pa besoek, het ek sy naam op die ererol gesien. Ek was emosioneel, want ek weet wat dit vir my pa beteken.”

Natuurlik kon Makhaya nie sy seun en dogter, Khanya (10), op al sy toere saamneem nie. Dan het sy vrou, Tandeka, by hul huis in Oos-Londen na die kinders omgesien. Tandeka (40) sê sy en Thando is baie geheg aan mekaar. “Hy praat met my oor alles, maar oor krieket praat hy met sy pa.”

Makhaya vertel: “Ek is trots daarop dat Thando sy eie nalatenska­p bou. Ek sê vir hom hy moet sy eie pad volg. Hy het self gekies en druk homself om te presteer.”

 ??  ?? REGS: Die krieketleg­ende Makhaya Ntini met sy seun, Thando.
REGS: Die krieketleg­ende Makhaya Ntini met sy seun, Thando.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa