Huisgenoot

Ontmoet van die reuse in rugby

Frankryk se tamaai Uini Atonio is nou in die kollig. Hier is nog rugbyreuse

- Saamgestel deur RICHARD VAN RENSBURG

UINI ATONIO Stut: 155 kg

Dié seun van Samoane is in 2011 deur die Franse klub La Rochelle gewerf. Sy gewig is ook al as 146 kg aangegee, maar op sy swaarste weeg hy dubbel soveel soos blitsbukse soos die All Black Damian McKenzie. Uini is ’n kragtige skrumwerke­r en baldraer. Kolosse soos hy bou soveel momentum op die veld op dat rugbybeser­ings wat hulle veroorsaak nou met dié in padongeluk­ke vergelyk word.

WILL SKELTON Slot: 140 kg

Die oudste van drie Skeltonbro­ers dra ’n no. 19-stewel en het 150 kg geweeg toe hy jonger was, maar 10 kg afgeskud vir sy ideale speelgewig. Die Wallaby beskou homself as meer as bloot ’n groot lyf. “Ek’s nie net ’n stormram nie; ek kan ook die bal versprei.” Sy “kleinboet”, Cameron, wat Samoa op die Junior Wêreldkamp­ioenskapsb­yeenkoms verteenwoo­rdig het, is selfs groter as hy.

OPETI FONUA Losvoorspe­ler: 135 kg

Die Engelse klub Newcastle Falcons se agtsteman van Tongaanse afkoms is ’n drieëmasji­en bekend vir sy vaart. ’n Stormlopie van hom toe Jonny Wilkinson hom vir die Franse klub Toulon probeer keer het, is op YouTube verewig. Jonny, Engeland se 2003-Wêreldbeke­rheld, is bekend vir sy vreeslose lakwerk, maar Opeti het hom soos ’n lappop meters ver deur die lug laat trek.

JAMES HASKELL Losvoorspe­ler: 120 kg

Jy kan maar sê hy is die Britse rugbywêrel­d se Kardashian. James is ewe bekend vir sy oefen- en eetplanwen­ke as vir sy eskapades saam met sy modelmeisi­e, Chloe Madeley. Om sy reuselyf te voed, eet hy ’n 4 200 kJ-ontbyt met hawermout, vier gekookte eiers, roosterbro­od en ’n paar proteïenpa­nnekoeke. En dis net die eerste van vyf etes.

MATHIEU BASTAREAUD Senter: 120 kg

Hy het al digby 40 toetse vir die Hane gespeel en is die een derduiwel wat Uini al in sy spore kon stuit. Toe dié verlede maand tydens ’n wedstryd in die Franse Top-14 op Mathieu afpyl, het almal verwag hy sou afgedra moes word, maar dit was Uini wat bly lê het. Een ontleder het die voorval beskryf as “rugby se onweerstaa­nbare krag wat ’n onbeweegli­ke voorwerp tref’’.

EBEN ETZEBETH Slot: 118 kg

Hy is een van die sterkste en mees atletiese vaste voorspeler­s in toprugby en word beskou as die man wat Bakkies Botha se mantel as Bok-”enforcer” oorgeneem het. Dié Stormer het dit onlangs tydens ’n relletjie met die Blues se Sonny Bill Williams gewys. Eben, bekend vir sy bolyfkrag, is ’n broerskind van Cliffie, ’n oud-WP-slot en Springboks­toeier.

SONNY BILL WILLIAMS Senter: 110 kg

Van sy Samoaanse pa het hy die Suidsee-gene geërf wat soveel groot, atletiese spelers kenmerk. Buiten twee Wêreldbeke­r-, twee rugbyliga- en ’n Superrugby-titel hou hy ook sewe swaargewig­boksseges. SBW reken die “boks maak my ’n beter rugbyspele­r, help met konsentras­ie en waarneming”. Hy eet ’n paar groot maaltye per dag. Salm en soetpatat is van sy gunsteling­e.

GEORGE NORTH Vleuel: 108 kg

Hy is al bestempel as die “Walliese Jonah Lomu’’ en onlangs as Wallis se antwoord op Mathieu. George was net 18 toe hy twee drieë in sy toetsdebuu­t teen Suid-Afrika druk. Toe Israel Folau, ’n groot Australies­e agterspele­r, hom tydens die vorige toer van die Leeus probeer lak, het George hom oor sy skouer gegooi en ’n ent met hom gehardloop.

 ??  ?? Met sy debuut vir die Hane teen Fidji moes inderhaas ’n spesiale trui vir die bebaarde voorryreus gemaak word, want g’n bestaande grootte het hom gepas nie! “Die grootste mens wat ek tot nog toe gesien het,’’ het die Saracens-direkteur, Mark McCall,...
Met sy debuut vir die Hane teen Fidji moes inderhaas ’n spesiale trui vir die bebaarde voorryreus gemaak word, want g’n bestaande grootte het hom gepas nie! “Die grootste mens wat ek tot nog toe gesien het,’’ het die Saracens-direkteur, Mark McCall,...
 ??  ?? Mathieu is ’n n reus met ’n kwesbare siel. In sy outobiogra­fie outobiogra­fiee vertel hy hhy hoe hy in ’n stadium teen drank en ene depres- depresssie moes stry strry en selfs selfss sy eie lewe probeer neem het. Die meeste aanhangers weet al hy het van...
Mathieu is ’n n reus met ’n kwesbare siel. In sy outobiogra­fie outobiogra­fiee vertel hy hhy hoe hy in ’n stadium teen drank en ene depres- depresssie moes stry strry en selfs selfss sy eie lewe probeer neem het. Die meeste aanhangers weet al hy het van...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa