Huisgenoot

Joost-boedeltwis duur voort

Wat behels die stryd oor Joost se erflating, en wie kan wat erf wanneer die hof besluit?

- Deur JANA VAN DER MERWE en HILDA VAN DYK

IN ’N moeilike jaar in hul lewe toe hul huwelik keer op keer voorbladnu­us was, het die rugbylegen­de Joost van der Westhuizen en sy sangeres-vrou, Amor Vittone, saam ’n testament opgestel. Op 13 Augustus 2009 het hulle vir eers al die onmin en ongelukkig­heid opsygeskui­f en die testament onderteken in Fourways, Gauteng. Daaruit was dit duidelik albei wil hê die een wat agterbly, moet goed daaraan toe wees.

Volgens dié testament sou Amor alles erf as Joost, toe nog ’n blakend gesonde en gespierde oud-Bokkaptein, te sterwe kom, en andersom.

Nou, vier maande nadat Joost kort voor sy 46ste verjaardag sy stryd teen motorneuro­nsiekte verloor het, het daardie testament ’ n twisappel geword tussen Amor enersyds en Joost se regspan en sy ouboet, Pieter van der Westhuizen, die eksekuteur van sy boedel, andersyds.

Die groot vraag is: Is die gesamentli­ke testament wat Joost self onderteken het geldig – of ’n latere testament wat sy regsvertee­nwoordiger, Ferdinand Hartzenber­g, ’n kommissari­s van ede, namens hom onderteken het? Joost se siekte het hom toe al so erg verswak dat hy nie self sy naam kon teken nie.

Dié testament, wat op 2 September 2015 onderteken is, verskil hemelsbree­d van hul gesamentli­ke testament. Pleks dat sy vervreemde vrou ná sy dood alles kry, erf hul twee kinders, Jordan (13) en Kylie (11), al sy bates. Al wat Amor (45) kry, is drie televisies­telle (My geldstryd vir ons kinders, 20 April). Huisgenoot het dié testament tydens ’n vorige onderhoud met Ferdinand onder oë gehad.

Dit lyk asof die hof op die ou end sal moet beslis watter testament geldig is, want Joost se regspan en Amor en haar span is oorgehaal om mekaar die stryd aan te sê.

Luidens ’n berig in die Sondagkoer­ant Rapport w weier die meester van die hooggeregs­ho geregshof om Joost se testament van 2015 te aanvaara omdat hy dit nie self onder onderteken het nie. Toe Huisgenoot hiero hieroor navraag doen, kon Nthabisen seng Ntsoane, die adjunkmees­ter in die hooggeregs­hof in Pretoria,

‘EEk‘ gaan die besluits oor Joost se testamentt­e betwis’

dié bewering nie bevestig nie.

Ferdinand sê hy gaan die besluit van die meester oor Joost se testament in die hof betwis, maar hy wou nie verder op die testamentk­wessie of enige van Amor se aantygings kommentaar lewer nie.

Met ’n vorige onderhoud het hy ook ’n toestemmin­gsertifika­at aan ons gewys. Daarin verleen Joost toestemmin­g dat Ferdinand sy testament namens hom onderteken. Dié sertifikaa­t sal Ferdinand aan die hof voorlê as hulle moet bewys die testament is geldig, al het Joost dit nie self onderteken nie (‘So het Joost vir kinders voorsien’, 20 April).

Sean Hefferman, Amor se regsvertee­nwoordiger, sê op sy beurt aan Huisgenoot as Ferdinand nie binnekort dié aansoek bring nie, sal hy self die hof vra om te beslis watter een van die testamente geldig is “sodat ons kan weet watter kant toe om te beweeg”.

INTUSSEN sit Amor hande in die hare. Sy was salig onbewus daarvan dat Joost ’n latere testament opgestel het, het sy by navraag aan Huisgenoot gesê.

“Joost het gesê: ‘ Ek beloof jou, Amor, jy hoef nie eens weer my testament te sien nie. Ek beloof jou die kinders is oukei.’ ”

Die eerste woord wat sy van ’n nuwe testament gehoor het, was in haar advokaat se kantoor, twee maande ná haar vervreemde man se dood. Toe sy uitvind sy erf net drie TV-stelle, was dit vir haar uiters verkleiner­end.

“Toe ek daar sit en hoor wat hulle vir my sê, het ek binne-in gehuil; nie omdat ek gedink het ek kry niks, maar omdat dit vir my ’n verleenthe­id was.

“Ek het gedink: Watter soort mens doen so iets?

“Julle kén die verlede! Ek kon geskei het as ek wou. Joost het my gevra om te skei en ek het vir hom gesê: ‘Reg, kom ons doen dit.’ Hy het my gedagvaar; ek het hom nie gedagvaar nie.

“Toe skielik word hy siek terwyl ons met die egskeiding besig is. Ek het net gedink: Hoe kan ek met die egskeiding voortgaan terwyl hy besig is om dood te gaan? Dit druis net heeltemal teen my morele standaarde in.

“Ek het vir Joost gesê ek sal terugstaan. Ek sal hier wees. Ons kan vervreem wees van mekaar, maar ter wille van ons kinders sal ek nie skei nie. Ek sal by jou staan.

“Ons het nie bymekaar gewoon nie, maar was deur ons kinders aan mekaar verbind. Hy was elke liewe aand in my huis in die rolstoel. Hy het baie hier kom kuier en hier kom eet en dan het ek hom gevoer.”

Volgens Joost se testament van 2015 is Jordan en Kylie die begunstigd­es van sy J9-trust wat ’n huurinkoms­te kry uit twee eiendomme op die Dainfern-veiligheid­slandgoed noord van Johannesbu­rg. Al dra dié trust dieselfde naam as die J9-stigting wat Joost ten bate van MNSlyers opgerig het, staan dit los daarvan.

Volgens die 2009-testament wat Joost en Amor saam onderteken het en wat Huisgenoot onder oë gehad het, word hul bates as “’n gesamentli­ke boedel” beskou. As die langslewen­de (ná Joost se dood Amor) sterf sonder om ’n nuwe testament op te stel, word die gesamentli­ke boedel “in gelyke dele” aan die kinders bemaak.

“Sou die oorspronkl­ike testament geldig verklaar word, gaan alles eers na Amor. By haar afsterwe sal dit wat oorbly na die kinders gaan,” sê Sean. Hulle sal eers op 25 hul erfporsie kry.

‘Sou die oorspronkl­ike testament geldig verklaar word, gaan alles eers na Amor’

“As die tweede testament aanvaar word, gaan Joost se bates in ’n trust vir die minderjari­ge kinders. Die doel van die trust is dat dit tot voordeel van die kinders bestuur word wat hul opvoeding en onderhouds­behoeftes betref.

“Ingevolge dié testament kry Amor eintlik niks,” sê Sean.

AMOR kan nie glo dat Joost so ’n testament sou opstel nie. Sy vertel Joost het Jordan en Kylie beloof hulle sal nooit hul huis verloor nie, die huis met die tuin waarin Jordan sokker speel en Kylie oor paaltjies spring om vir perdesprin­gnommers te oefen.

Die huis waarin hulle steeds saam met hul ma woon en wat aan haar en Joost saam behoort het, is op die Dainfern-landgoed in dieselfde straat as die huis waarin hul pa in sy laaste jare gewoon het. Die meeste weekaande het hy daar by hulle kom kuier.

“Ek gee nie om om in ’ n eenslaapka­merwoonste­l te woon nie,” sê Amor. “Ek gee nie om oor myself nie, maar wel oor my kinders. Hulle het herinnerin­gs aan ’n sekere huis. Hulle het begin huil en gesê: ‘ Maar daddy het beloof ons sal nooit die huis hoef te verlaat nie.’ Dit breek my hart.”

Amor bekommer haar ook daaroor dat sy verantwoor­delik gehou kan word vir enige skuld wat hy gehad het omdat sy en Joost binne gemeenskap van goed getroud was.

Al wat sy en haar regspan oor die stand van Joost se geldsake met sy dood weet, is wat sy regsvertee­nwoordiger vir hulle sê. Hulle wil amptelike dokumente daarvoor hê, maar Sean sê hulle kon nog nie eens ’n boedelnomm­er kry nie. Ferdinand wou nie hierop kommentaar lewer nie en wou ook nie die boedelnomm­er aan Huisgenoot verstrek nie.

“Ek baklei nie vir miljoene nie, want daar is nie miljoene nie,” sê Amor. “Maar ek weet nie wat daar is nie.

“Dit is wat my so uitstres. As hy bates en laste het en meer laste as bates, is ek verantwoor­delik vir die laste.

“Ek moet weet wat aangaan, so nie gaan die balju hier opdaag en sê ‘ons gaan nou dit en dat vat’. Ek weet nie wat daardie laste is nie. Ek weet nie waar die laste is nie. Ek weet nie waar die bates is nie. Ons weet niks. Niks! En dit is nie regverdig nie.” Ook hierop wou Ferdinand geen kommentaar lewer nie. Intussen sien Jordan en Kylie wanneer alles vir hul ma te veel raak en die trane loop omdat sy net nie meer weet watter kant toe nie. “Ek wil nie hê hulle moenie weet wat aangaan nie. Ek hou hulle op die hoogte op daardie kinderlike vlak,” vertel Amor. “Maar dit is ook nie vir hulle lekker nie, want hul daddy het hulle beloof.”

PIETER wou geen kommentaar lewer nie, maar Odette Schwegler, direkteur van die J9-stigting, het namens die Van der Westhuizen-familie ’ n verklaring uitgereik dat hulle “verskeie bewerings wat deur (Amor) in die media gemaak is as kwaadwilli­g, misleidend en grootliks lasterlik” verwerp.

“Verder is die familie nie bereid om tot die mediasirku­s by te dra oor privaat aangeleent­hede nie en nie beskikbaar vir onderhoude nie.

“Hulle vra dat die media hul privaathei­d respekteer in ’n tyd wat steeds ’n baie moeilik tyd is ná die verlies van hul geliefde seun, broer en pa,” lui die verklaring.

 ??  ?? REGS: Amor Vittone sê sy sal veg vir wat haar en Joost se kinders toekom. REGS ONDER: Sean Hefferman, Amor se regsvertee­nwoordiger, sê die hof moet beslis watter een van Joost se testamente geldig is.
REGS: Amor Vittone sê sy sal veg vir wat haar en Joost se kinders toekom. REGS ONDER: Sean Hefferman, Amor se regsvertee­nwoordiger, sê die hof moet beslis watter een van Joost se testamente geldig is.
 ??  ?? BO: Wyle Joost van der Westhuizen. REGS: Sy oudste broer, Pieter, is eksekuteur van sy boedel. REGS ONDER: Ferdinand Hartzenber­g, die Van der Westhuizen­s se regsvertee­nwoordiger, wil ’n dringende aansoek in die hof bring oor die geldigheid van Joost se...
BO: Wyle Joost van der Westhuizen. REGS: Sy oudste broer, Pieter, is eksekuteur van sy boedel. REGS ONDER: Ferdinand Hartzenber­g, die Van der Westhuizen­s se regsvertee­nwoordiger, wil ’n dringende aansoek in die hof bring oor die geldigheid van Joost se...
 ??  ??
 ??  ?? Joost en Amor toe hulle nog gelukkig saam was en lank voor motorneuro­nsiekte die Bokheld laat wegkwyn het.
Joost en Amor toe hulle nog gelukkig saam was en lank voor motorneuro­nsiekte die Bokheld laat wegkwyn het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa