Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / THE HUNTER’S PRAYER

- – LEON VAN NIEROP

Aksiedrama. Met Sam Worthingto­n en Odeya Rush. Regisseur: Jonathan Mostow. 16TG. Begin op 16 Junie.

Waaroor gaan dit?

’n Sluipskutt­er kry opdrag om ’n meisie dood te skiet. Hy kry homself nie sover om die sneller te trek nie en spaar haar lewe. Dan raak hulle by mekaar betrokke en vorm ’n kombinasie wat hulle vir die opdraggewe­nde organisasi­e nog gevaarlike­r maak. Nou word die twee saam gejag, maar hulle kan net oorleef deur die magtige organiseer­ders te ontmasker.

Wie sal hiervan hou?

So min mense dat die rolprent beswaarlik tydens die langnaweek ’n duik by die loket sal maak. Dié soort storie is al so dikwels vertel, dit dra baard en kry grys strepe in die hare. Dit bevestig dat Hollywood bankrot is aan idees, want dit lyk of die storie en draaiboek deur ’n rekenaar uitgedink is wat die mees onwaarskyn­like storieslen­ters gebruik het om die yl intrige aan die gang te hou.

Die tonele is voorspelba­ar en daarom vervelig. Boonop is daar bitter min vonk tussen Sam Worthingto­n en Odeya Rush. Selfs Worthingto­n, wat al voorheen knap vertolking­s gelewer het, lyk suf en moeg in die rol, asof hy halfpad moed opgegee het en bloot meganies deur die teks worstel om dit te voltooi.

Om geld hieraan te bestee is werklik nie die moeite werd nie, want jy kan baie beter soortgelyk­e rolprente op DVD huur. Nee wat, wanneer Hollywood ’n laagtepunt bereik, doen hulle dit met oortuiging; daarom dat die rolprent jou werklik diep kan teleurstel.

Kyk nou of wag vir DVD?

Dikwels is al gepleit dat sulke ondergemid­delde rolprente reguit DVD toe moet gaan, en hierdie poging is ’n voorbeeld daarvan. Al verskyn dit later op DVD, moenie jou tyd of geld hierop mors nie. SOORTGELYK­E FLIEKS Our Kind of Traitor, The Spy Who Came In from the Cold. SPRINGMIEL­IEFEITE

Sam Worthingto­n was een van die finaliste vir James Bond voor Daniel Craig die rol gekry het.

Hy werk tans aan Avatar 2, en volg dit op met Avatar 3 en Avatar 4.

 ??  ?? Sam Worthingto­n in die teleurstel­lende The Hunter’s Prayer.
Sam Worthingto­n in die teleurstel­lende The Hunter’s Prayer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa