Huisgenoot

IS MY KIND TRANSGENDE­R?

-

’n Meisie wat weier om rok te dra of ’n seun met ’n voorliefde vir hoëhakskoe­ne beteken nie hulle sal transgende­r wees nie.

Dit kan net een van vele maniere wees waarop alle kinders eksperimen­teer met watter gender hulle gemaklik laat voel, verduideli­k Ronald.

Tussen twee- en vyfjarige ouderdom is dit deel van ’n kind se normale ontwikkeli­ng om met die uitdrukkin­g van gender te eksperimen­teer. Nuuskierig­heid hieroor is nie dieselfde as ’n kind se genderiden­titeit nie.

Van die kinders wat met geslagsrol­le eksperimen­teer, sal ’n baie klein persentasi­e eindelik wel transgende­r wees. Maar by tieners met genderdisf­orie is die persentasi­e aansienlik hoër.

In studies is bevind tot 60% van kinders wat in hul kinderjare deur kenners as transgende­r geïdentifi­seer is, het hulle in hul adolessens­ie as gay, lesbies, biseksueel of met ’n ander seksuele identiteit geïdentifi­seer, kom in die BBC-dokumentêr na vore.

As jou kind vir jou sê hy of sy is ongemaklik met sy gender, is dit raadsaam om eers jou huisdokter te spreek of ’n organisasi­e soos GenderDyna­miX te kontak.

Wat is geslag?

Dit word bepaal deur die biologiese geslagsorg­ane en gene waarmee jy gebore is en wat as sodanig by geboorte deur die dokter so geïdentifi­seer is.

Wat is gender?

Dit is die geslag waarin jy gemaklik voel en in jou binneste weet jy is. Genderiden­titeit is of jy jouself as ’n man of vrou beskou, of dalk as geeneen van die twee nie, verduideli­k Delene van Dyk, ’n Suid-Afrikaanse opvoeder in seksualite­it van die webtuiste mysexualhe­alth.co.za.

Die samelewing verwag ’n man sal sterk en analities wees en ’n vrou sag en emosioneel. Die ironie is elke mens, ongeag hul geslag, moet manlike én vroulike eienskappe hê om ’n gebalansee­rde mens te wees, sê Delene.

Transgende­r

is nie ’n diagnose nie, maar ’n beskrywend­e term, sê die transgende­rspesialis Ronald Addinall. Trans mense voel hulle is met die verkeerde biologiese geslag gebore, maar dit het niks te doen met hul seksuele oriëntasie nie.

Gender-niekonform­erend

beteken iemand dra nie noodwendig die klere wat die samelewing meen by vroue of mans tuishoort nie. Dis ook iemand soos ’n beroepsvro­u wat haarself as sterk en analities beskou, verduideli­k Delene, of ’n tuisblypa wat nie konformeer met die samelewing se idee van die manlike rol as broodwinne­r nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa