1 GROENTEGEBAK
Hierdie gereg is ’n lekker alternatief vir aartappelgebak. Jy kan die eiervrug met botterskorsie vervang. GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 20 min. Staan: 15 min. Gaarmaak: 1 uur EIERVRUGMENGSEL 300 g eiervrug, in dun skywe gesny en gesout peper 2,5 ml (½ t) paprika 4 preie, in skyfies
gesny 4 knoffelhuisies,
fyngedruk 45 ml (3 e) olyfolie PATATMENGSEL 600 g patats, skoongeskrop en in dun skywe gesny 2 uie, in ringe gesny 15 ml (1 e) salieblare,
fyn gekap sout 15 ml (1 e) heuning 10 ml (2 t) appelasyn 30 ml (2 e) olyfolie SPINASIE 150 g spinasie, ont
stingel en fyn gesny 230 g geroomde
grasui-maaskaas AFRONDING 500 ml (2 k) mozza
rella, gerasper gerasperde parme
saan vir oorsprinkel 30 ml (2 e) botter,
gesmelt ’n paar heel salie
blaartjies ’n paar gebreekte
okkerneute Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot oondvaste bak. 1 Eiervrugmengsel Laat staan die gesoute eiervrug sowat 15 min., spoel af en druk droog. Pak in ’n enkellaag in ’n bakplaat, geur met die peper en paprika en sprinkel die preie, knoffel en olyfolie oor. 2 Bak 30 min. tot gaar.
3 Patatmengsel Pak die patats, uie en salie in ’n enkellaag in ’n bakplaat. Geur met die sout en peper. Meng die res van die bestanddele en giet oor.
4 Bak saam met die eiervrug sowat 30 min. of tot gaar.
5 Spinasie Meng die spinasie en maaskaas.
6 Afronding Rangskik die helfte van die patatmengsel onder in ’n oondvaste bak, pak die helfte van die eiervrugskywe oor en stip met die helfte van die spinasiemengsel.
7 Sprinkel die helfte van die kase oor. Herhaal die lae, eindig met die kase.
8 Bak 30 min. of tot die kaaslaag gesmelt en goudbruin is.
9 Verhit die botter en braai die salieblare en neute daarin tot bros.
10 Sprinkel oor die gebakte groente net voor voorsit.