Huisgenoot

MA RAADOP MET TRAE TIENER

-

Ek kry soms nie my kind sover om soggens uit die bed op te staan om skool toe te gaan nie. Hy is 16 en het nie sibbes nie. Niks en niemand kan hom motiveer nie. Hy is nie lui nie. Is dit net ’n fase of kan iets groters skort? Ek wil nie dokter toe gaan nie. As hy ’n voorskrif kry, sal ek bang wees hy raak verslaaf aan pille. TS op H

Jou tiener dink nie soos jy nie. Min tieners is ongemotive­er. Hul motivering verskil dalk net van wat jy as motivering beskou. Die meeste tieners het ’n houding en dis moontlik ’n negatiewe een. Twee bestanddel­e is no- dig om hom te laat saamwerk: motivering en houding. Draai dit in sy guns om.

Wat jou tiener oor homself glo, het baie hiermee te doen. Omdat hy ’n soeke na identiteit het, help dit om hom aan stories uit sy kleintyd te herinner oor wie hy toe was en aan die goeie dinge wat mense toe oor hom gesê het. Die soeke na identiteit kan hom magteloos laat voel; daarom weerhou hy sy samewerkin­g. Dis sy manier om beheer te kry.

Hy weet nie hoe om sy uitdagings op te los nie. Een van die beste maniere waarop jy hom kan help, is om hom vaardighed­e te leer om probleme op te los. Meer gesprekke en gedeelde uitstappie­s kan jul probleme identifise­er. Gee hom inspraak in hoe hy ’n probleem wil oplos.

‘Sy hou haar drinkery geheim, want sy wil nie erken sy het ’n probleem nie’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa