Huisgenoot

KOMMER OOR MA WAT DRINK

-

Ek wonder soms hoekom my ma so baie drink. Ek voel heeltyd jammer vir haar. Ek is nog op skool en soms wil ek nie huis toe gaan nie.

Ek sien ook ander mense drink, maar dis by ’n braai of ete; sy hou aan en dan verander sy. Sy raak skoon lighoofdig daarvan.

Sy sukkel ook om te onthou en verbreek beloftes aan my, soos om my sportwedst­ryde by te woon.

Ek weet nie hoe om haar te help nie. Sy word kwaad wanneer ek daaroor praat. Dis net ons twee. Haar drinkery is eintlik ’n geheim. Ek mag nie daaroor praat nie, want sy is bang sy sal haar werk verloor. AR op KD Haar verslawing kan weens vele redes wees, maar jy is nie die rede daarvoor nie. Jy het nie jou ma se verslawing veroorsaak nie en kan dit ook nie vir haar oplos of beheer nie. Net sy kan besluit om op te hou drink.

Drank is ’n dwelm. Dit beïnvloed gebruikers se liggaam en hoe hulle optree. Sy sal daarom nie die besluit alleen kan neem nie.

Sy hou haar drinkery geheim, want sy wil nie erken sy het ’n probleem nie. Al wil jy graag jou ma help, is dit die volwassene­s in haar lewe se verantwoor­delikheid om haar na ’n oplossing te lei. Jy het reeds meer verantwoor­delikheid op jou skouers as wat jy moet hê. Maar dit hoef nie so voort te gaan nie. Mense wat te veel drink, kan behandelin­g kry. Daarvoor sal jou ma ’n dokter se hulp nodig hê of die leiding van iemand by jul plaaslike tak van Alkoholist­e Anoniem.

Dalk is jy te bang om oor jou gevoelens te praat of selfs te hartseer, maar jy moet met iemand gesels wat jy kan vertrou, soos ’n onderwyser­es of iemand by jou kerk.

As dit vir eers vir jou te moeilik is om met bekendes hieroor te gesels, maak kontak met Alateen, ’n anonieme selfhelpst­eungroep vir tieners wie se lewensgeha­lte deur iemand se drankgewoo­ntes benadeel word. Bel hulle by 086-125-2666 of klik op alanon.org.za vir ’n nommer van ’n groep in jou omgewing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa