Huisgenoot

DÍS DIE BESKULDIGD­ES, SLAGOFFERS

-

Die vermeende afspraakmo­ordenaars

Die 37-jarige Cecilia Steyn se medebeskul­digdes is haar vriendin Marinda Steyn (51), dié se kinders, Leroux (21) en Marcel (19) Steyn, en hul vriend Zak Valentine (32).

Hulle kom weer op 1 Desember voor in die hooggeregs­hof in Johannesbu­rg op onder meer sewe moordklagt­e, vyf van roof met verswarend­e omstandigh­ede, en een elk van rampokkery en bedrog.

Hulle is vermoor en beroof

Peter (51) en Joan (47) Meyer in November 2015 in hul Krugersdor­pse huis.

Die hawelose Jarrod Jackson (44) in Desember 2015. Zak het glo sy eie dood versin deur Jarrod se lyk in sy (Zak se) motor te verkool.

Glen McGregor (57), ’n rekenmeest­er, in Januarie 2016 op sy Randfontei­nse hoewe.

Die lyk van Anthony Scholefiel­d (60), ’n Krugersdor­pse versekerin­gsmakelaar, is in Mei 2016 in sy motor se bagasiebak gevind ná ’n afspraak met ’n “voornemend­e kliënt”.

Kevin McAlpine (29), ’n Krugersdor­pse versekerin­gsmakelaar, in Mei 2016. Sy lyk is op straat gekry ná nog ’n “afspraak”.

Hanlé Lategan (52), ’n Krugersdor­pse eiendomsag­ent, in Mei 2016. Haar lyk is in die Randfontei­nse begraafpla­as gekry ná ’n “afspraak”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa